What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier

Die ouens agter die skerms:

Gerjo Ben van der Merwe

Hoekom Roadtrip247? Hier by kruispad.com is ons al jare lank besig om God se Woord in gewone woorde aan mense via die internet te bring. Maar daar was geen tieners nie. Daarom het ons Roadtrip247 - net vir tieners! Wat het jy gedroom wil jy eendag word, toe jy 13 was? Ek het geen idee gehad nie. Ek was woes deurmekaar. Ek vermoed ek wou nie eintlik eendag werk nie... Wat is jou gunsteling kleur? Blou, ligblou, donkerblou. Enige iets wat 'n blou skynsel in het! Grootste geheime talent? Ek is 'n professionele onderwater haardroër tegnikus... Stokperdjies? Ek maak perdjies uit hout. Nee, ek spot. Ek is mal oor musiek. Van rustig tot rock - net nie jazz nie! By wie in die Bybel het jy die meeste geleer? Paulus, want ek vermoed ek is baie soos hy. Rof en reguit en vrek lief vir Jesus. Honde- of kattemens? Honde, katte wys nie lekker hoe hulle oor jou voel nie.

Alet-Mari van der Merwe

Hoekom Roadtrip247? Ek het nog altyd ‘n passie gehad vir mense. Ek het nog altyd ‘n hart gehad vir mense met seer en vir die wat opsoek is. Opsoek na meer, opsoek na iets, opsoek na God. Roadtrip247 was die perfekte platvorm vir my om ‘n verskil te probeer maak in die rowwe waters daar buite. Die lewe is hard, onregverdig, onvoorspelbaar en partykeer net te woes. Ek wil graag God se Woorde in die woorde van vandag se tieners bring. Wat het jy gedroom wil jy eendag word, toe jy 13 was? Sjoe, ek kan nou nie mooi onthou nie, maar ek wou altyd iemand wees wat op Spar se tille werk of die rakke regpak. Later wou ek ‘n Argitek raak. Wat is jou gunsteling kleur? Navy blou en wit Grootste geheime talent? ... Stokperdjies? Ek LOVE die buitelewe so eintlik enigiets wat ek buite kan doen; van fietsry, draf, stap in die berg, swem in die poele tot bodyboard. Ek hou baie van braaibroodjies en tjoppies, so braai is altyd hoog op my lysie. By wie in die Bybel het jy die meerste geleer? Ek dink by Moses en Jakob. Moses – eerstens want hy is vir my so ‘n direkte vooruitsigting van Jesus. Tweedens, God het Hom gekies om Sy volk na die beloofde land te neem en sy eerste antwoord was, “Nee, Here, net nie ek nie, ek kan nie praat voor mense nie.” Eksodus 4: 10“Verskoon my, Here,” sê Moses toe vir die Here, “ek was nog nooit goed met woorde nie. Selfs hier waar ons met mekaar praat haak my tong vas as ek iets moet sê.” … Ek sal jou mond laat praat. Ek sal die regte woorde in jou mond laat kom.” 13“Asseblief, Here,” sê Moses weer, “stuur liewer iemand anders.” Al het God vir Moses gekies was hy tog net mens en het hy gehuiwer. Min wetend dat sy God bo enige menselike hindernisse kan kom. Moses se God is my God. My God weet wat hy vir my lewe beplan. Ek moet hom net vertrou soos Moses het. En kyk, was Moses nie ‘n merkwaardige leier nie. Jakob – het ‘n intieme verhouding met God gesmag. Hy het nie opgehou totdat hy God se seëning ontvang het nie. Jakob het God gesoek. En hy het alles gedoen om Hom te vind. Jakob het my geleer om God te soek en te aanhou soek al dink ek Hy kruip weg. God wil hê elkeen van ons moet hom soek soos wat Jakob hom gesoek het.

Mia van der Merwe

Hoekom Roadtrip247? Dit is vir my lekker om deel te wees van iets wat ‘n impak het op mense se daaglikse lewe. Ek kan my siening van die Bybel met ander mense deel en só my kreatiwiteit en gawes uitleef. Wat het jy gedroom wil jy eendag word, toe jy 13 was? Veearts Wat is jou gunsteling kleur? Plum pers Grootste geheime talent? Kan elke middag ‘n middagslapie vat. Stokperdjies? Lees en kamp By wie in die Bybel het jy die meeste geleer? Jesus Honde- of kattemens? Honde

René Badenhorst

Hoekom Roadtrip247? Wat ‘n uitstekende manier om in jongmense se lewe te bou in ‘n taal wat hulle verstaan en ‘n platform wat hulle verkies! Wat het jy gedroom wil jy eendag word, toe jy 13 was? Ek wou nog altyd mense help. Toe ek 13 was wou ek ‘n fisioterapeut word. Nou kan ek mense help deur woorde. Wat is jou gunsteling kleur? Eilandblou. Ja, ek is maar van die romantiese soort! Grootste geheime talent? Ek kan Koreaans lees. Ha ha, dis eintlik nie baie moeilik nie. Stokperdjies? Foto’s neem, lees en so veel as moontlik seelug inkry. By wie in die Bybel het jy die meeste geleer? Jesus. Hy het baie 'guts' gehad so radikaal anders as die kultuur van die dag te leef. En om die mense wat jou lewe neem te vergewe terwyl jy besig is om te sterf is ‘n tipe liefde wat my 'captivate'. Honde- of kattemens? Baie moeilike vraag! Ek is lief vir albei.

Chantelle Phillipson

Hoekom Roadtrip247? Wou graag myself ‘n nuwe uitdaging gegee het in die bedieningsveld. Het nog altyd ook van skryf gehou en gedink hoekom nie probeer nie? Om deel te wees van Roadtrip 24/7 deel ek gerus ook hoe ek God ervaar het in my lewe, waarmee ek ook meestal gesukkel het en ook dit raak baie mense aan en so begin hulle ook God ervaar in hulle lewe en kry antwoorde, krag en hoop vir dit waardeur hulle gaan. Wat het jy gedroom wil jy eendag word, toe jy 13 was? Ek wou graag in ‘n band wees. Wat is jou gunsteling kleur? Pienk en Pers Grootste geheime talent? Om mense vinnig op te som Stokperdjies? Krale, boeklees, natuur roetes te gaan stap, voëlkyk en vlinder kyk, verf, musiek speel en dans, skryf, speelgoed uit lap maak, orgami vou. Hou van crafts. Lewe beter te maak vir ander. By wie in die Bybel het jy die meeste geleer? Die hele verhaal van die Bybel, ja mense in die verhale het my aangeraak , maar daardie hele reis saam God die onvoorwaardelike liefde die mens se keuses van reg en verkeerd en hoe mense ook God Drie-enig ervaar het. Honde- of kattemens? Kattemens

Heike Shamrock

Hoekom Roadtrip247? Ek het Roadtrip 247 gekies omdat ek vandat my kinders klein was altyd vir hulle van die Here geleer het en nou doen ek dieselfde vir my kleinkinders en ek voel die jeug van vandag het God nou meer as ooit in hulle lewe nodig. Wat het jy gedroom wil jy eendag word, toe jy 13 was? Toe ek 13 was, het ek gedroom om 'n dokter te word, omdat ek daarvan hou om met mense te werk. Wat is jou gunsteling kleur? My gunsteling kleur is rooi. Dit herinner my altyd aan die bloed wat Jesus vir ons gestort het. Stokperdjies? My stokperdjies is lees en skryf. By wie in die Bybel het jy die meeste geleer? Ek is baie geinspireer deur Jesaja en die Psalms Honde- of kattemens? Ek is definitief 'n honde mens, ek is baie lief vir poedels en pekeniesies.

Hendri Mouton

Hoekom Roadtrip247? Ek wil graag my bedieningsveld beoefen en mense nader aan die Here trek. Ek het gedink dat Roadtrip 'n goeie begin is wat dalk na 'n groot deur toe sal lei. Wat het jy gedroom wil jy eendag word, toe jy 13 was? Ek wou 'n akteur geword het. Wat is jou gunsteling kleur? My gunsteling kleur is groen. Grootste geheime talent? Ek kan my hele vuis in my hand druk! Stokperdjies? Ek kan 4 musiek instrumente bespeel, en ek geniet dit baie! By wie in die Bybel het jy die meeste geleer? Ek het by Job geleer! Sy geduld. Honde- of kattemens? Ek is meer van 'n hondemens.

Luane McLachlan

Hoekom Roadtrip247? Ek het betrokke geraak by die #imagine movement, en het hier van Roadtrip 247 geleer. Hierdie twee organisasies se hart staan absoluut by die oordra van die Evangelie aan tieners, so dit het vir my sin gemaak dat hulle saam werk. Roadtrip 247 maak dit maklik vir tieners om stil te raak en met God deur die Bybel te gesels op ‘n manier wat vir hulle relevant is Wat het jy gedroom wil jy eendag word, toe jy 13 was? ‘n Skrywer (fiksie) Wat is jou gunsteling kleur? Geel! Grootste geheime talent? Dan is dit mos nie meer ‘n geheim nie :P Stokperdjies? Skilder, skryf, skets, en ek leer myself ukulele speel. By wie in die Bybel het jy die meeste geleer? Sjoe, moeilike vraag!! Dit verander maar van seisoen na seisoen… maar op die oomblik dink ek aan Andreas en die seuntjie met die broodjies en die vissies. Maak nie saak hoe klein jou bydra is nie, Jesus doen wondere daarmee! Honde- of kattemens? Dieremens!

Minke Beukes

Hoekom RT247? Vroeg in die jaar het God vir my ’n prentjie gewys van myself met ’n groot pyl wat uit my gaan. Saam met hierdie visioen het Hy ’n datum gegee. Ek het nie mooi geweet wat dit beteken nie, maar het die idee gekry dat ek n stuk van myself gaan moet uitdeel. Omtrent ’n maand later (presies op die dag wat Hy gewys het) vra Alet Mari vir my of ek een van die RT247 skrywers sal wees! Ek het dadelik geweet dis wat Hy vir my gewys het Wat het jy gedroom wil jy eendag word, toe jy 13 was? Ek wou met alles in my ’n professionele tennisspeler word. My backup plan was om ’n ballgirl te word, hehe. Gunsteling kleur? Geel, geel en nogmaals — geel. Grootste geheime talent? Ek kan my kleintoontjie wiggle sonder om die res te beweeg. Stokperdjies? Verf, stap in berge, kitaar speel… maar my nommer een go-to is om my hond te cuddle. By wie in die Bybel het jy die meeste geleer? Ek hou van die manier wat Jesus teach. Hy was straight forward, het 100% op God vertrou, en beste van als — Hy’t letterlik vir ons kom wys hoe om te leef. Al wat ons hoef toe doen is om Hom te copy. Honde- of kattemens? Ek is daardie persoon wat by jou huis aankom, 15 minute met jou hond speel, en dan besef dat ek jou nog nie eers gegroet het nie.