What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Verhoudings: Kan ek uitgaan met iemand wat nie vir Jesus ken nie?

Baie van ons het al dit beleef, die eerste keer wat jy daai ander persoon ontmoet wat vir jou maag vyftienduisend skoenlappers gee, hulle is net so lekker om mee te gesels, maar daar’s net een catch… hulle is nie ʼn Christen nie. So wat nou? Hier is ʼn paar dinge om te oorweeg:

Maar ek kan seker vir hulle oortuig oor Jesus?

Ons gaan nie hoofsaaklik in verhoudings in om mense te verander nie – dit is nie ons voorreg nie. As jy in ʼn verhouding ingaan met die hope om die ander persoon te maak verander, dan gaan die paw-paw die waaier tref. As iemand wat lief is vir Jesus, is hulle verhouding met God vir my meer belangrik as wat hulle verhouding met my is.

Hoe word my verhouding met God geaffekteer?

Gepraat van hulle verhouding met God, wat dan van joune? Iemand wat nie ʼn persoonlike verhouding met Jesus het nie, leef nie in dieselfde manier as jy nie. Een van julle gaan dele van dit wat vir julle normaal is moet opgee om die verhouding te maak werk. Wat gaan ons moet opgee om die verhouding te maak werk? En gaan ons dele van ons verhouding met God moet prysgee? Dan is dit natuurlik sleg vir ons.

ʼn Verhouding van wanbalans

In 2 Korintiërs 6:14 sê die Bybel:

14Moenie saamspan met ongelowiges nie, want watter vennootskap kan daar wees tussen reg en onreg? Of watter gemeenskap kan daar wees tussen lig en duisternis?

Die vers beteken definitief nie dat ons nie moet vriende wees met ander wat nie ʼn verhouding met Jesus het nie. Dit gee vir ons eerder ʼn idee dat ons nie oneweredige verhouding met ander moet hê nie. Want op die ou einde van die dag, sodra daar net ʼn bietjie van ʼn wanbalans is in jou verhouding met ander, dan begin die een die ander een trek in ʼn rigting.

Iets om oor te dink

So, daar kan nie ʼn vennootskap wees tussen lig en donker nie. Dit wat vir God goed is en die dinge waarvan Hy ons wil weghou, kan op die ou end nie saamwerk nie. Ons moet net verstaan dalk sulke verhoudings baie keer opeindig met twee mense wat net na heeltemal ander dinge mik. En partykeer, al maak dit dalk so bietjie seer, is dit beter dat ons voluit mik vir God. Hoe amazing sal dit wees om eerder in ʼn verhouding te wees waar 2 mense mik vir God en mekaar in dieslefde rigting aanspoor?