What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Uitleef: Hoop

Hoop. Dis ‘n woord wat ons nie regtig te veel aan dink nie. Ons gebruik ook die woord nogal maklik. Imagine net gou die volgende stemme: “Ek hoop jy het ‘n lekker dag”, “Ek hoop ons wen die krieket-game Saterdag”, “Ek hoop nie juffrou kyk na ons huis werk nie”, “Ek hoop sy gaan huis toe en huil in ‘n hoekie”. Ons kan maklik net sê ons hoop vir iets om te gebeur, maar dis maar net ʼn wens. Soms gebruik ons ook ons ‘hoop’ om ander mense kwaad toe te wens (soos in die laaste voorbeeld), en dis tog nie goed nie.

Hoekom hoop ons in die eerste plek?

Wat bedoel ons as ons sê dat ons ‘hoop’ vir iets? Dit beteken dat ons of verwag of wens dat iets in die toekoms gaan gebeur. Dis die een deel van hoop (Toekoms). Maar dis nie al wat hoop is nie. Ons hoop ook vir dinge gebaseer op die dinge wat om ons reeds gebeur (Nou). Ons het ook ʼn verwagting omdat ons reeds beleef het hoe ander dinge gebeur het (Verlede).

Byvoorbeeld: Ek hoop dat my verjaardag partyjie lekker sal wees. Hoekom? Ek was by ʼn vriend se verjaardag partyjie en dit was lekker (Verlede). My verjaardag is om die draai en mense weet daarvan (Nou), daarom verwag ek dat my partytjie ook moet lekker wees (Toekoms).

Geloof en hoop

Geloof en hoop gaan ook hand aan hand. Omdat ons glo dat Jesus vir ons vryheid gegee het deurdat Hy aan die kruis gesterf het en opgestaan het, het ons ook ʼn verwagting van God. In die boek van Hebreërs word die volgende idee van geloof en hoop gegee:

“Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.” (Hebreërs 11:1 NLV)

God het vir ons deur Jesus gewys dat Hy lief is vir almal. Dis ʼn feit, anderste sou Hy nooit Aarde toe gekom het nie. God verander ook nie, Hy bly vandag net so lief vir jou as gister, want dit gaan nie oor wie ons is nie, maar oor wie God is. Boonop, soos wat ons die week in die padkos gelees het, is Heilige Gees vir ons gegee – as ons op God vertrou woon Sy Gees in ons.

Wag net ʼn bietjie…

So as God nie verander nie, en Sy Gees in ons woon, wat beteken dit vir ons? Onthou dat hoop drie dele het? God gee Heilige Gees wat in ons leef (Nou), hy het sy liefde bewys deur Jesus (Verlede), God verander nie (Toekoms). Daarom hoop ons dat God se liefde deur ons aan die res van die wêreld sal skyn.

Wat is ons hoop dan?

Sien, as ons ʼn pad stap saam Jesus, is ons hoop nie in aardse dinge nie (soos ʼn cool rekenaar, of dat ons mooi gaan lyk vir die matriekdans nie). Aardse dinge verander en raak oud. Ons hoop is eerder in die sekerheid van die liefde wat God reeds bewys het, nou wys, en wat Hy nog sal wys. Dit is hoekom ons ware geloof kan hê.