What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Moeilike dinge: Verslawing

Verslawing lyk nie altyd aan die begin so erg nie. Dit begin by een keer, een oomblik. Maar soms verander daardie een keer in ‘n tweede keer, derde keer, vierde keer… Dit word ‘n patroon, dit word ‘n daaglikse ding, dit word iets wat ons lewe beheer. Verslawing kom in so baie vorms, dis nie net die drank en dwelms waaraan ons verslaaf kan raak nie.

Wat is ʼn verslawing

ʼn Verslawing is enigiets waaraan jy afhanklik geraak het vir die dag tot dag se lewe – dit is soms selfs nog ʼn keuse wat ons uitoefen, maar dis ʼn keuse wat ons minder beheer oor het. Dink net gou aan die volgende – sal jy kan insien hoe jy ʼn week sonder ʼn selfoon kan gaan… Dalk is ʼn week te veel… ʼn paar dae?… Een dag?… Net ʼn paar uur terwyl jy uit is?… As jy nie enige van daai kan insien nie, dalk is jy tot ʼn mate verslaaf aan jou selfoon?

Wat doen verslawing?

Die ding van verslawing is dat die dinge wat ons aan verslaaf is ons gedrag verander en dit voel soos tweede natuur. Ons hoef nie meer daaroor te dink nie. Enigiemand wat al gerook het sal vir jou sê, die eerste keer verander jou nie in ʼn verslaafde roker nie, maar dis wanneer dit weer en weer begin gebeur dat ons ophou om daaraan te dink en dit word iets wat ons moet doen.

God het ons nie geskep om verslaaf te wees nie

God het nie ons geskep om verslaafdes te wees nie. Sien, verslawing vat baie keer die plek van God in, dit word ons meester en ons kies om eerder dit te volg as God. En dit is baie moeilik om daar uit te kom wanneer die patroon eers ontwikkel is. Maar daar is hoop vir ons:

13Wanneer die lig op daardie dinge skyn, dan wys dit vir almal hoe daardie dinge is. 14Ja, ‘n mens kan sien hoe iets is wanneer die lig daarop skyn… Efesiërs 5:13-14

God se lig

God se lig wys vir ons wat goed en verkeerd is. As ons aan God behoort is Hy konstant besig om Sy lig in te bring in die plekke wat ons dink te donker is vir Hom. Maar God maak dat die donker wegskrik. Ons verslawings is niks vir God nie, maar as die lig eers in ons donker skyn roep God uit na ons om Hom te volg.

Hoe die lig ons help

Dit is dieselfde met ons vriende en familie, as ons eers ons donker dele aan hulle gewys het (dit waaroor ons skaam kry, dalk aan verslaaf is) dan kan hulle ons bystaan en help om God se lig te volg. Is daar iemand in jou lewe wat in liefde jou deur verslawing kan help? Ons moet net braaf genoeg wees om ons donkerte te deel. Ons dink baie keer ons is alleen in die dinge, maar as ons eers ons verslawings deel met ander en diep met God daaroor gesels – dan word dit ook ʼn patroon en God begin om ons hart ook in die manier te verander om ‘verslaaf’ te raak aan Hom.