What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Lewe is ‘n roadtrip

Hier by Roadtrip247 glo ons dat die lewe ʼn lang reis is. Soos wat ons deur die lewe gaan ontmoet ons mense wat saam met ons op hierdie reis gaan. Hierdie reis is vir ons soos ʼn road trip. Ons eindbestemming op hierdie lang reis is om meer en meer soos Jesus te word in wat ons sê en wat ons doen.

Deesdae as ons ʼn road trip aan pak sal ons waarskynlik met ʼn kar ry, maar ons storie begin lank voor die kar eers in enigiemand se gedagte ingepop het. Net na Jesus se kruisiging  en opstanding was daar twee van Jesus se volgelinge op pad na ʼn plek genaamd Emmaus. Die heelpad het hulle met mekaar geredeneer oor alles wat Jesus gedoen het, maar hulle het nie al die antwoorde gehad nie (Julle kan hierdie storie oplees in Lukas 24). Net soos hulle soek ons ook baie kere antwoorde oor wie Jesus is en hoe ons reg kan lewe in verhouding met God.

Op pad na Emmaus het Jesus ook by hulle aangesluit, maar hulle het nie besef dit was Jesus nie. Jesus het vir hulle baie dinge verduidelik oor wie hy was en vertel van hoe die hele Bybel gelei het tot die punt wat hy gekruisig moes word en die wêreld van sonde ontslae maak. Net soos hulle, kan ons ook deur die Bybel lees en ontdek wie God is en hoe om meer soos Jesus te word. Maar partykeer het ons ook ʼn bietjie hulp nodig.

Enige van julle wat al ooit op ʼn lang reis was sal verstaan dat ons nie net van begin tot einde kan gaan sonder om langs die pad te stop om te rus en te eet nie. Dit is hoekom ons die bybelstudies elke oggend ‘Padkos’ noem. Dit is iets om ons elke dag net te herinner aan wie God is en hoe ons kan lewe om meer soos Jesus te word. So reis saam met ons soos wat ons met Jesus reis. Wees ʼn Roadtripper en ontdek saam met ons hoe awesome God is.

Lukas 24:27-31

27Toe het Jesus begin om vir hulle te verduidelik wat die boeke van Moses en die profete en die ander boeke van die Ou Testament oor Hom sê. 28Toe hulle naby die dorpie kom waarnatoe hulle geloop het, het Jesus gemaak of Hy verder wil loop. 29Maar die twee mans het vir Jesus gesê: “Nee, bly by ons, want dit is amper aand, die dag is verby.”

Jesus het toe saam met hulle by die huis ingegaan en Hy het by hulle gebly. 30Toe hulle saam begin eet, het Jesus die brood geneem en Hy het vir God dankie gesê daarvoor. Hy het die brood gebreek en dit vir die twee mans gegee. 31Toe het God hulle laat sien dat dit Jesus is. Maar toe het Jesus skielik verdwyn, hulle kon Hom nie meer sien nie.