What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus is my vriend (Deel 2)

Kyk, ek sou nooit myself as ‘n kreatiewe persoon beskryf nie. Die ding is, God se planne vir ons lewe is altyd groter en beter as wat ons ooit sal kan imagine. So toe Hy my in die rigting stuur waarin ek nou is, het ek maar met groot oë en ‘n bietjie twyfel agter Hom aangestap. Dis nie dat ek Hom nie vertrou het nie, ek is maar net mens en twyfel hardloop ongenooid deur my gedagtes. Nou verstaan ek wat mense bedoel as hulle sê dat as jy jou weer kom kry, is jy right on track daar waar die Here jou wil hê.

Met baie vrae, onsekerhede en twyfels in my eie vaardighede stap ek by die deure van die instansie in waar ek vir 3 jaar lank Interior Design gaan swot. ‘n Suuuuuper (kry mens so ‘n woord) kreatiewe rigting. Ek het my twyfels gehad tot ek eendag besef het dat ek as mens nooit hierdie vir myself sou kies nie en dat ‘n Hoër krag dit moes doen.

Eendag sit ek met ‘n taak voor my en ek het net geen ispirasie nie. Ek weet nie wat om te doen nie en ek weet nie wat om te teken nie. Toe maak ek net my oë toe met my hande in my hare en vra dat die Here my nou MOET help. Hy is die een wat my in hierdie rigting gestuur het, Hy moet my nou help. Here, wat nou? Ek kan nie hierdie uit my eie vermoëns doen nie. U moet my help. Ek kan nie! Wys my asseblief die pad en gee my net ‘n klein bietjie van U kreatiwiteit. Help my asb. Dit was my smeekgebed so in die klas. Toe ek my oë oopmaak, het ek begin teken en ek het net geweet dit was inspirasie van Bo.

Dit wat ek hierdie jaar geleer het van God se karakter, Sy Pappa hart, Sy alomteenwoordigheid en onvoorwaardelike liefde het my net weereens laat besef dat ek tot niks in staat is as Hy nie aan my sy is nie. Sonder Hom is ek niks. As ek nie Hom my vriend kan noem nie, kan ek maar vergeet om enigeiets uit my eie gedoen te kry.

Handelinge 17:28 “Omdat God so baie vir ons omgee, sorg Hy dat ons almal elke dag kan leef en rondbeweeg. Ons bestaan slegs omdat Hy dit so wil. Een van julle digters het dit mooi opgesom toe hy gesê het: ‘Ons is deur God gemaak. Ons behoort aan Hom.’  Hierdie teksvers het waar vir my geraak hierdie jaar. Ons is God se kinders. Ek het weereens besef dat ons deur Christus leef en ons is Sy kinders vir wie Hy way lief is.

Deur vriende met God te wees, is jy altyd seker van ‘n wen.

Here God, baie dankie dat ek kan weet dat U weet die beste vir my, al sien ek dit nie altyd nou nie, gaan U vooruit en berei die pad vir ons voor. Dankie dat ek besef het dat U smag na kwaliteit tyd saam met elkeen van U kinders. Ek weet dat ek soms val en dit nie maak nie, maar dat U altyd daar is om my op te tel. Ek weet dat om in Jesus Christus se span te wees, is die beste span waarin mens ooit kan wees. Here, ek het U regtig lief met alles in my. Help my om U elke dag te soek en U wil vir my lewe uit te leef. Amen.