What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die GOEIE tipe verandering

Verandering? Dis tog nie nodig nie?

Deesdae kan ‘n mens skaars deur een oggend kom sonder om oor ‘n honderd opinies te hoor oor hoe mens moet lewe. Dit gebeur omdat daar ongelooflik baie informasie is wat ons elke dag omring, van sosiale media tot musiek tot motiverende sêdingetjies. Die meeste van hulle gee dieselfde tipe boodskap: ‘Moenie verander wie jy is nie’ of ‘Wees net jouself’. Selfs al is dit goed om jouself te wees, is daar ook baie waarde in verandering wat die wêreld om ons soms wyer om te erken.

Hoekom moet ons verander?

Reg deur die Bybel sien ons voorbeelde van die goeie tipe verandering. Die boek Prediker praat van tyd, en hoe ons net nie in ons lewe kan wegkom van verandering nie. En as ons na die natuur kyk, sien ons hoe die verskillende seisoene elkeen ‘n unieke rol het. En hulle is almal ewe belangrik vir lewe om aan te gaan. In hierdie voorbeelde kan ons sien dat verandering nie iets is wat vermy moet word nie, maar dat dit iets is om te omhels. As ons nie ons harte ooplos vir vernuwing nie, sal ons altyd in dieselfde plek bly en nooit word wie ons gemaak is om te wees nie.

Vir wie moet ons verander?

Een ding waarna ons moet oplet wanneer ons verander, is vir wie ons verander. As die verandering nie kom omdat ons diep binne ons gedryf word om anders te lewe nie, is die verandering oppervlakkig en ons is dan geneig om vinnig op te gee. Ons eerste motivering is om te besef dat alhoewel God ons ontmoet waar ons is, Hy ons nooit los soos ons is nie. ‘n Gesonde verhouding met God sal ons nuut maak (Romeine 12:1-2) en ons lei om meer soos Jesus Christus te wil word. Tweedens, omdat ons identiteit in God se beeld is, kan ons verander om die beste weergawe van onsself te word, wat beteken ons verander omdat ons wil verander en nie omdat iemand anderste dit van ons verwag nie. Verandering is nou nie maklik nie, maar ons kan vrede hê in die feit dat Jesus dieselfde is: Gister, vandag en vir ewig (Hebreërs 13:8).

Hoe positiewe verandering ons lewens beter maak

Die tipe verandering waarvan ons hier praat is nie net ‘n goeie ding nie, maar dit kan ook nodig wees. Om ‘n doel te hê of iets te hê waarvoor ons mik kan ons lewens rigting gee. Dink aan Jeremia 29:11 waar God belowe dat Sy planne vir ons is om ons hoop en ‘n toekoms te gee. ‘n Paar maniere waarin jy meer oop kan wees teenoor verandering is om goeie rolmodelle te kies, te dink aan die persoon wie jy wil wees, en om maandelikse doelwitte te stel (in stede daarvan om elke nuwe jaar net ‘n net klompie voornemens te maak). Onthou ook om genade te hê vir jouself wanneer jy deur nuwe situasies gaan, en om te groei deur die ervarings. Jesus het ons te lief om ons te los soos ons is. Deur Sy genade word ons verander, en kry ons ‘n nuwe lewe.

– – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – –

Geskryf deur Eljoh van Rensburg