What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die Candy Crush lewe

Die Candy Crush dagdroom

Dit was ‘n vreemde gevoel wat oor my gedagtes gespoel het daardie aand… Ek sien voor my ‘n duisend verskillende lekkertjies, en hoe hulle een vir een plek ruil, ontplof, en kleur verander… Dit was nie een of ander visioen nie – my brein het net die Candy Crush lekkertjies aanhou verbeel rondskuif. Ek het vroeër die dag seker vier ure lank (in intervalle) gesit en Candy Crush speel. Ek het geweet daar is ‘n probleem.

‘n Nuwe verslawing

Vir die van julle wat nog nooit Candy Crush gespeel het nie: Dis ‘n speletjie waar jy lekkertjies op jou skerm rondbeweeg om sekere ‘doelwitte’ te bereik – en dit kan vinnig jou tyd opvreet. Nou daar’s niks fout met Candy Crush self nie, maar ek dink soms kom ons nie agter hoe dinge soos dit ons dae en ons tyd heeltemal opneem, terwyl ons niks van waarde bereik daardeur nie.

So as dit nie veel waarde het nie hoekom doen ons dit? Navorsers het gewys dat dit die satisfaksie van elke wen wat ons terugbring vir nog – dat ons moet wag as ons verloor en dit gee ons groot tydelik geluk sodra ons terug is en ‘n level gewen het waarmee ons lank gesukkel het. Die speletjie is eenvoudig en dit lei ons aandag af van dit wat om ons gebeur. Maar verbeel jou net ons het dieselfde aandag spandeer aan die dinge wat belangrik en waardevol was?

Aandag van God afgelei

Een van die grootste maniere wat ons weggeneem word van God is deur die tipe dinge wat ons aandag aflei – vir lang tydperke. Dis die tipe dinge wat maak dat ons op onsself staatmaak en dan wanneer werklikheid tref het ons al so vêr weggedwaal van ons ewige doel om God te leer ken.

Paulus skryf aan die Efesiërs en sê:

15Wees baie versigtig hoe julle leef. Leef soos mense wat weet wat God van ’n sinvolle lewe verwag en nie soos mense wat niks daarvan weet nie. 16Moenie jou tyd mors nie. Maak die beste gebruik van elke geleentheid wat jy kry, want ons leef in moeilike en slegte tye.17Moenie julle lewens mors deur sonder ’n doel te leef nie, maar maak seker hoe die Here wil hê julle moet leef.        Efesiërs 5:15-17

Waarom tyd so belangrik is

Moet ons ‘n doel hê waarvolgens ons leef? Het ons ‘n rede om jou tyd beter te bestee? Ek dink die antwoorde op daardie vrae sal altyd ja wees. Ons sal nooit vir God goed genoeg ken nie. Totdat Jesus weer kom soos Hy beloof het, het ons ‘n verantwoordelikheid om ‘n verskil te maak in die wêreld. Hoekom laat ons onsself toe om totaal weggeneem te word van God se realiteit deur dinge na te jaag wat geen toekomswaarde het nie? Kom ons wees meer doelgerig om God te leer ken en Sy liefde te versprei aan die mense om ons. Dit is ons ware doelwit.