What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wie of wat is jou eerste prioriteit?

Lukas 16:13

“Maak ’n keuse vir wie julle wil werk: óf vir God, óf vir die geldgod. Julle kan nie vir albei tegelyk werk nie. Net soos dit onmoontlik is om twee voltydse werke te hê, is dit onmoontlik om voor twee here te buig. So, kies!”

Soms raak die lewe nogal rof. Dis nie altyd maklik nie. Party mense is geneig om na God toe te hardloop wanneer dinge moeilik raak. Ander mense is geneig om geld, verdowingsmiddels of ongesonde verhoudings na te jaag. Maybe is jy een van dié wat nie na God toe hardloop nie.

Die lewe is kompleks. Ons soek so baie dinge: liefde, aanvaarding, geluk, identiteit. As ons nie weet dat ons dit alles by God kan kry nie, maak ons baie keer die fout om te dink ons kan dit op ander plekke kry.

Maar dit wat ons najaag, is die dinge wat ons baas word. Ons kan nie terselfdertyd vir God en iets anders as ons eerste prioriteit plaas nie. Die een gaan ons altyd wegtrek van die ander af. Imagine net hoe vry ons kan wees van alles wat ons geluk steel as God ons eerste prioriteit is!

Wie of wat is jou eerste prioriteit?

Gebed: Here, ek wil na U hardloop in elke situasie in my lewe. Ek wil U my eerste prioriteit maak. Heilige Gees, help my elke dag om meer en meer na God te soek … Amen.

Uitdaging: Maak ‘n lys van jou top 5 prioriteite. Wees eerlik. Wat is die hoogste op die lys? Hoe kan jy God hoër op die lys plaas?