What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wie is God die Vader nou eintlik?

Ons almal het verskillende vooropgestelde idees van hoe ‘n pa is. Party het hierdie prentjie van ‘n pa wat al jou netbal wedstryde kom kyk, by jou groot konsert was, jou ondersteun het toe jy deur moeilike tye gegaan het en saam met jou fun kan hê. Ander het weer ‘n negatiewe prentjie van ‘n pa a.g.v. hulle huislike omstandighede. Hulle sien net ‘n afwesige pa, een wat skel en skree, wat aan hulle ma stamp, wat nooit opdaag vir iets nie en een wat voel asof sy liefde vir jou nie in sy besige lewe kan inpas nie.

God die Vader is glad nie ‘n afwesige pa nie. Hy is ons Hemelse pappa. Die een wat ons meer liefhet as wat enige van ons ooit sal kan imagine.  Hy is alomteenwoordig. Hy sal ons nooit drop nie. Efesiers 4:6 En dan is daar ook net een God en Hy is die Vader van ons almal. Niks en niemand is soos Hy nie, want Hy is belangriker as alles en almal. Hy werk deur ons en woon in ons almal. Hoe ongelooflik is dit nie om te dink die God wat alles gemaak het, woon in ons. Deur Hom kan ons enigiets vermag.

Hy is die gewer van lewe. Ons leer in Genesis dat Hy lewe skep en ‘n kreatiewe God is. Hy help ons in liefde en leer ons hoe om reg te leef. Hy voorsien in ons behoeftes. Hy gee vir ons van Sy wysheid. Hy verwelkom ons altyd terug – maak nie saak hoe ver weg ons van hom gehardloop het nie.

Gebed: Dankie dat U die ultimate pappa is. Dankie dat U my Hemelse Vader is en my uit liefde reghelp en met ope arms terugverwelkom. Dankie dat ek kan weet ek het ALTYD ‘n Hemelse pappa na wie toe ek kan draai as die lewe se stampe en stote te erg raak. Amen.

Uitdaging: Leer God die Vader ken. Het jy geweet God het meer as een naam? Gaan kyk wat al God se verskillende name beteken. Elkeen van die name beeld ‘n verskillende karakter van God uit. Hier is solank een: Jehovah Jireh – The Lord will provide. Jehovah Jireh SAL vir jou sorg.