What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wen die emosionele battle. Gaan praat met God.

Filippense 4:6-7

Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommmer nie. Gaan praat met God daaroor … Hierdie wete dat Jesus by jou is, sal keer dat die bekommernisse weer met jou emosies weghardloop …

Eksamens is baie soos ‘n tennis-wedstryd. Die beste tennisspelers sal kan vertel dat hulle eie gedagtes die grootste opponent kan wees in ‘n wedstryd. In die opbou voor die wedstryd begin, kan hulle so in angstige gedagtes verstrengel raak dat hulle hul fokus verloor en ver onder hul potensiaal die wedstryd speel. Of hulle begin die wedstryd goed, maar na hulle daardie een belangrike hou mis, raak hulle so ontsenu dat hulle die res van die wedstryd weggooi!

Eksamenstres kan ons ook so laat fokus verloor. Of as jy daardie een vraag in die vraestel kry wat jy nie ken nie, gooi dit jou so deurmekaar dat jy die vrae wat jy wel ken ook verkeerd antwoord.

Moenie dat jou emosies met jou weghardloop nie. Doen jou deel en vertrou God met die res. Hy sê ons kan al ons bekommernisse na Hom toe bring. Dit sluit jou bekommernisse oor die eksamen in! Laat Hom toe om jou kalm te maak en keer jou gedagtes wanneer dit weer oor die vraestel wil gaan tob.

Kenners meen dat die top-tennisspelers redelik mekaar se gelyke op fisiese, tegniese en taktiese gebied is. Dit is egter dié wat hulle emosies kan beheer wat die wedstryd wen. Wanneer dit by eksamens kom, word die emosies soms te veel vir ons om rustig te bly. Maar God kan ons daarmee help.

Gebed: Here, die stres raak soms te veel vir my. My maag trek op ‘n knop, my keel trek toe en my hart klop vinnig. Help my, asseblief, om kalm te bly en net my beste te doen. Help my om elke keer te onthou om my benoude gedagtes na U toe te bring. Amen.

Uitdaging: Om real te wees oor jou gevoelens is nie altyd maklik nie. Herken vreesgedagtes voordat dit beheer van jou neem. Probeer jou gedagtes vasvang en vir God daarvan te vertel. As jy so voel vandag, sê hardop: “Ek is bang!”. Haal diep asem en sê dan hardop: “Here, maak my kalm.”