What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wees vrymoedig om groot dinge te doen, want die Heilige Gees is binne jou!

2 Timoteus 1:7

Die Heilige Gees, wat deur God aan ons gegee is, is nie lafhartig nie, maar sterk. Hy maak ons ook sterk, gee vir ons liefde vir ander en help ons om nie verkeerde dinge te doen nie.

Aan die einde van my Gr. 11-jaar was ek by ‘n huge Christelike tienerkamp. Daar was meer as 200 mense. En ek was oorreed om in te skryf vir die talentkompetisie. En was ek bang! Hoe nader die tyd aan my optrede gekom het, hoe meer angswekkend was die hele gevoel daarvan.

Om voor so baie mense te sing en kitaar te speel, was vir my ‘n big deal. En dit was maar net normaal dat ek senuweeagtig was. Daar is ook baie groot dinge wat God soms van ons verwag. Dinge soos om ons vriende en familie te vergewe, maak nie saak hoe kwaad ons is nie. Dinge soos om vir ander mense te vertel van hoe getrou God is en hoe Hy vir Sy kinders sorg.

Maar weet jy wat? Die dinge wat vir ons ‘n big deal is, is vir God niks nie. Ons moenie vergeet dat God se Gees in ons woon nie. Vat so vrese! Ons het die Heilige Gees binne ons om vir ons die vrymoedigheid te gee om ander lief te hê en te doen soos God van ons verwag!

Wees vrymoedig om groot dinge te doen, want die Heilige Gees is binne jou!

Gebed: Here, dankie vir U Heilige Gees. Dankie dat ek nie in my eie krag alles in die lewe hoef aan te pak nie. U krag is genoeg om my te kry om groot dinge vir U te doen! Help my asseblief met elke tree. Amen.

Uitdaging: Wat is daai een ding wat jy weet jy moet doen, maar nog die heeltyd bang was om aan te pak? Vra vir God om jou daarmee te help.