What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wees versigtig vir verkeerde invloede

Spreuke 4:14-15

14Moet tog nie soos slegte mense leef of soos hulle raak nie. Bly uit hulle pad uit. 15Draai weg van hulle en loop jou eie pad. Hulle kan mos nie vanaand slaap as hulle nie eers iets verkeerds gedoen het nie. Hulle lê wakker as hulle nie iemand vernietig het nie.

Ek was altyd een van die hardwerkendste kinders in die klas. Sommige mense sou my selfs ‘n pliggie genoem het. Maar toe ek vriende gemaak het met die verkeerde groepie ouens het my reputasie in die hek geduik. Ek was ingetrek in hulle kattekwaad en kort voor lank was ek ‘n gereelde member van die detensie groep.

Dit gebeur gereeld dat ons vriende maak met die verkeerde groep en dat ons saam met hulle in die slegte dinge ingesleep word. Ons vind dit dan moeilik om uit daardie groep te kom en ons begin meer en meer ons identiteit verander. Pasop vir die mense wat jou probeer inlok om verkeerde dinge saam met hulle te doen.

En selfs al het ons verkeerde vriende gemaak, is daar hoop vir ons. God is altyd by ons, maar soms moet ons ‘n tydjie wegstap van ons vriendekringe en God beter leer ken sodat ons ‘n positiewe impak kan maak.

Toe my reputasie vernietig was, het ek agtergekom dat ek nie langer met dieselfde vriende kon aanhou nie. As jy ‘n positiewe impak probeer maak en jou vriende hou aan met verkeerde dinge, is dit tyd om ander vriende te soek. Dit mag dalk moeilik wees om weg te kom van die mense wat ons aanvaar het, maar ons is beter saam met ander mense wat ook God liefhet.

Wees versigtig vir verkeerde invloede.

Gebed: Dankie Jesus, dat U altyd by my is. Help my asseblief om die regte keuses te maak wanneer dit kom by my vriende. Help my asseblief om ‘n positiewe impak te maak en versigtig te wees vir verkeerde invloede. … Amen.

Uitdaging: Dink vandag aan drie maniere wat jy ‘n goeie invloed kan wees in jou vriendekring.