What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wees verantwoordelik met dit wat God aan jou gee!

Lukas 16:12

As julle nie eerlik kan wees met geld in hierdie oneerlike wêreld waarin julle leef nie, hoe sal Ek dan ooit my nuwe wêreld aan julle sorg kan toevertrou?

Ek onthou nog toe ek 6 jaar oud was – een van die min herinneringe wat ek het van so jonk: Ons was op vakansie aan die bo-punt van Namibië en my sussie het verjaar in daai tyd. Sy het haar geskenke oopgemaak en sy was so bly. Later die dag, terwyl ons op die pad is, speel ek te rof met een van haar nuwe speelgoed en dit breek toe in twee stukke.

As jy iets breek wat aan jou behoort, is alles maklik. Jy kies of en wanneer jy dit gaan regmaak/vervang. Maar dis moeilik as mens iets breek wat nie aan jou behoort nie. Jy dra dan die verantwoordelikheid vir wat gebeur het. Om met iemand anders se dinge te werk, dra ekstra verantwoordelikheid en sorg.

Ons moet onthou dat God ook aan ons ‘n kans gee om ander mense te vertel van Hom deur die manier waarop ons lewe en dit wat ons sê. Alles wat ons op aarde het, behoort eintlik aan God. Is ons besig om verantwoordelik te wees met dit wat God aan ons gegee het. Of is ons roekeloos?

Wees verantwoordelik met dit wat God aan jou gee!

Gebed: Vader God, ek is jammer vir al die tye wat ek roekeloos was met die dinge wat aan U behoort. Ek wil graag verantwoordelikheid leer in die dinge wat U vir my gee elke dag … Amen.

Uitdaging: Dink aan ‘n tyd toe jy iets gebreek het wat aan iemand anderste behoort het. Skryf neer wat jy dink die beste manier sou wees om die situasie te hanteer. Dink dan hoe jy dit kan hanteer as jy iets wat God aan jou gegee het, misbruik. Skryf dit neer.