What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

#imagine-Maandae Wees ‘n vredemaker teenoor die mense om jou!

Matteus 5:38-48

“Draai ook die ander wang.”

Hoe ongelooflik is dit om te hoor dat ons ons vyande ook moet liefhê. Dit is maklik om die mense na aan ons lief te hê, maar dit is soveel moeiliker om mense wat ons teëstaan en seermaak, lief te maak.

Maar hoekom sê Jesus vir ons om ons vyande met liefde te behandel? Jesus roep ons om alle mense wat oor ons pad kom, lief te hê. Hy roep ons om lief te hê soos Hy liefhet, en Jesus het nie net ʼn sekere groep of soort mens lief nie.

Jesus is ons vredemaker wat beteken dat Hy vir ons die vrede gee om almal rondom ons lief te hê. Jesus maak dit vir ons moontlik om ander lief te hê, al het ons geen versekering dat hulle ons ook gaan liefhê nie. Dit mag moeilik wees, veral as ons deur ander seergemaak is, maar ons moet vrede najaag en aan Jesus gehoorsaam bly!

Wees ‘n vredemaker teenoor die mense om jou!

Gebed: Here, ek wil bid vir my verhoudings. Partykeer is dit moeilik om dié rondom my lief te hê, want ons kom nie altyd oor die weg nie of ons maak net of ons lief is vir mekaar. Help ons om vredemakers te wees nes U, en om goeie verhoudings te hê wat op liefde en vertroue gebou is. Amen.

Uitdaging: Dink aan jou verhoudings met vriende en familie. Met wie het jy ʼn moeilike of onstabiele verhouding? Met wie het jy ʼn oppervlakkige verhouding? Kan jy hulle bel of by hulle gaan kuier om vrede te maak?

Hierdie is deel een van #imagine se Bybelstudie Jesus ons Vredemaker