What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wees lief wanneer iemand dit die minste verdien

Matteus 5:44

Ek sê vandag vir julle dat julle ook julle vyande moet liefhê. Bid vir almal wat julle swaar laat kry en julle vervolg.

In God se koninkryk werk dinge darem maar partykeer andersom as waaraan ons gewoond is! Terwyl ander mense planne beraam om dié terug te kry wat hulle te na kom, sê God ons moet sulke mense liefhê en vir hulle bid.

Miskien is jou “vyand” iemand by die skool. Of jou broer of suster wat jou treiter. Of dalk is dit jou ouers wat jou frustreer, jou skaam laat voel of jou nie verstaan nie. Ons natuurlike reaksie is om kwaad met kwaad te probeer beveg. As iemand jou seermaak, probeer jy nog harder terugslaan! God sê jy moet hulle liefhê en vir hulle bid.

God het jou liefgehad toe jy nog toegesmeer was van die sonde. En wanneer jy foute maak, bly Hy nog steeds lief vir jou! Daardie liefde kan jy ook nou aan ander uitdeel. Dít is wat ʼn mens genade noem: om lief te wees wanneer iemand dit die minste verdien.

Wees lief wanneer iemand dit die minste verdien.

Gebed: Here, dit is moeilik om liefde te gee wanneer my hele lyf die teenoorgestelde wil doen. Vul my met U liefde en help my waar ek swak is. … Amen.

Uitdaging: Gaan doen vandag iets goed vir jou “vyand”. En onthou ook om vir hom/haar te bid.