What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wees iemand wat vertrou kan word met ware rykdom!

Lukas 16:10-11

10“Julle moet eerlik wees, selfs ook in die heel kleinste dingetjies wat julle doen. As julle vertrou kan word met kleingeld, sal julle ook vertrou kan word met ’n hele sak vol geld. Aan die ander kant, as julle nie eens vertrou kan word met ’n paar sent nie, hoe sal julle dan eerlik wees wanneer julle besigheid doen? 11Moenie toelaat dat die geldgod julle in sy kloue beetkry nie. Dan gaan julle ander mense probeer uitbuit.

Ek het altyd baie gehou van selfoonspeletjies soos Candy Crush en Clash of Clans. Dit kan baie pret wees, maar dit was vir my ‘n swakpunt, want ek sou klein dingetjies prysgee om eerder tyd te spandeer op die game. Ek sou soms uitmis op huiswerk en uitmis op oefening, want ek het die speletjie meer geniet.

Maar dit het ‘n uitwerking gehad op die res van my dag ook. Ek sou ander goeie dinge ook prysgee om eerder die speletjies te speel. Ek sou begin om klas te bunk omdat dit boring was en ek sou vies raak wanneer my ma sê dat ek alweer nie my deel in die huis gedoen het nie.

Die manier waarop ons met geld werk is dieselfde – as ons oneerlik is of ons gebruik dit net vir lekker dinge, wys dit vir ons die pad vorentoe – dit word deel van ons karakter. Ons moet eerder ons karakter so vorm dat ons toevertrou kan word met ware rykdom van God.

Wees iemand wat vertrou kan word met ware rykdom!

Gebed: Here, dankie dat U vir my sekere dinge in die lewe gee en my daarmee vertrou. Help my om reg te werk met die dinge wat U my wel gee, want ek wil nog groot dinge doen vir U … Amen.

Uitdaging: Kyk na die manier waarop jy jou tyd derubring. Is daar ‘n manier wat jy meer tyd opsy kan sit om vir Jesus beter te leer ken? Kyk na die manier waarop jy geld spandeer elke maand. Is daar ‘n manier waarop jy ‘n deel daarvan kan uitsit vir ‘n goeie doel?