What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wees genadig, selfs vir hulle wat jou verkeerd behandel

Efesiërs 4:31-32

31Moenie toelaat dat julle bitter word nie. Beteuel jou humeur en as jy dalk jou humeur verloor, moet jy nie kwaad bly nie. Moenie mekaar vloek of lelike dinge vir mekaar sê nie. Moet ook nie iets doen wat vir ’n ander een sleg is nie. 32Behandel mekaar mooi en goed. Laat dit vir ander lekker wees om by julle te wees. Sien mekaar se foute oor net soos God julle foute oorgesien het omdat julle Jesus s’n is.

Daar is niks wat my bloed so laat kook soos wanneer iemand anders iets verkeerd doen wat my dan op  ‘n negatiewe manier beïnvloed nie. Dit is baie maklik om lelike dinge te sê as ek kwaad is. Ek weet, ek het al baie vriendskappe seergemaak omdat ek iets gesê het toe ek kwaad was.

Ons dink dikwels dat wanneer iemand anders ons seermaak, dit regverdig is om dieselfde aan hulle terug te doen. Maar dis nie hoe ons moet optree as ons God liefhet nie. Ek weet dit kan moeilik wees, maar ons word geroep om vriendelik te wees en liefde vir ander te wys. Selfs die mense wat ons seergemaak het.

Een van die wonderlikste dinge van God is dat Sy genade nooit opraak nie.  Hy gaan nooit op ‘n rampage omdat ons iets verkeerd gedoen het nie. God behandel ons eerstens met liefde en genade. Dink ‘n bietjie daaroor. God kies om ons die heeltyd te vergewe, al weet Hy van elke keer wat ons opmors. Kom ons probeer om dieselfde te doen aan die mense wat verkeerd teenoor ons optree en ons seermaak.

Wees genadig, selfs vir hulle wat jou verkeerd behandel.

Gebed: Dankie Here, vir die wonderlike genade wat U elke dag aan my bewys. Help my om die mense wat my seermaak te vergewe met dieselfde soort liefde wat U aan my gee. Ek wil nie ‘n grudge hou nie. Help my asseblief, om enige woede in my hart te laat gaan … Amen.

Uitdaging: Dink aan iemand wat jou onlangs kwaad gemaak het – gaan na hulle en sê dat jy hulle vergewe.