What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wat is Jesus besig om in jou lewe te doen?

Lukas 2:8-20

11“Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!”

Wanneer ons hierdie storie lees, dink en voel ons verskillende dinge. Lees die storie (Lukas 2:8-20) en verbeel jou jy is een van die skaapwagters. Wat sien, dink, voel en doen jy?

In vers 11 noem die engel Jesus die Verlosser en Christus die Here. Hierdie twee titels is baie belangrik, want hulle sê vir ons hoekom Jesus aarde toe gekom het en wat Hy met Sy lewe gaan doen. Jesus het nie die Verlosser en Christus geword nie, Hy is nog altyd!

Omkring al die woorde wat emosies beskryf in verse 8-14. Dink oor hierdie woorde en kyk of jy enige van hulle dalk nou beleef. Jesus beïnvloed ons emosies en ons lewensverhaal daagliks, so dis partykeer ʼn goeie idee om te stop en na te dink oor wat Hy nou in jou lewe doen.

Wat is Jesus besig om in jou lewe te doen?

Gebed: Dankie, Jesus, dat U na hierdie wêreld gekom het om die Verlosser en Christus te wees. Help my om myself toe te laat om al hierdie verskillende emosies te voel wat U in my wakker maak. Mag hulle my help om U beter te leer ken! … Amen.

Uitdaging: Gaan vanaand buitekant toe en kyk op na die sterre. Loof Jesus omdat Hy die Verlosser en Koning is. Luister miskien na jou gunsteling Christelike musiek en maak ʼn lys van al die titels en woorde wat gebruik word om Jesus te beskryf.

Deel een van #imagine se bybelstudie Verlosser-Koning: Die skaapwagters en die Engele