What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wat is die dele in jou lewe wat Jesus moet genees?

Lukas 17:11-19

“Jesus, Here, ontferm U oor ons!”

Voor ons begin, vat eers ‘n tydjie om die teksgedeelte volledig te lees. In hierdie gedeelte genees Jesus tien mans met melaatsheid. Melaatsheid was ʼn siekte wat die hele liggaam affekteer het, lelike letsels agtergelaat het en gemaak het dat mense uit hulle dorpe gejaag word.

Hierdie tien mans was gelos om alleen dood te gaan, maar toe hulle Jesus gesien het, het hulle hulle kans gesien en uitgeroep na Hom.

Waar meeste mense hulle net sou ignoreer en sou aanhou loop sonder om terug te kyk, het Jesus gestop en hulle met menswaardigheid behandel. God gebruik ons gereeld om die siekes en verwaarloosde mense lief te hê, al maak dit ons soms ongemaklik.

Genesing gaan nie net oor fisiese dinge nie, maar ook oor emosies. Jesus word gereeld gesien waar hy mense fisies en emosioneel genees, en verhoudings regmaak tussen vriende en familie. Jesus wil ook vir ons genees.

Wat is die dele in jou lewe wat Jesus moet genees?

Gebed: Here, dankie dat U nie net verby ons stap en ons ignoreer nie. Dankie dat U luister na my wanneer ek hartseer, kwaad, of ontsteld is. Dankie dat U altyd by ons is en gewillig is om te luister. Gee asseblief vir my die waagmoed om dieselfde te doen vir die mense rondom my. … Amen.

Uitdaging: Luister versigtig na die wat vir hulp vra rondom jou. Vra ʼn ouer of ʼn voog om saam met jou na plekke te gaan waar mense in nood is, en vat tyd om te luister na hulle storie.

Hierdie is deel 1 van #imagine se Bybelstudie Jesus ons Geneesheer