What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ware liefde verwag nie iets terug nie

1 Johannes 3:16 Wil julle weet wat liefde is? Ons het ’n goeie voorbeeld daarvan: Jesus Christus het Homself gegee om tot ons voordeel doodgemaak te word. Ons behoort presies dieselfde te doen. Ons moet bereid wees om ons lewe tot die voordeel van ons medegelowiges te gee.

Ons almal geniet die flieks waar die held op die laaste oomblik voor iemand inspring om die koeël te vat, sodat hulle iemand se lewe kan red. Dit klink alles cool totdat dit jy is wat daai koeël sal moet vat. Ons word groot met fantasieë van redding, maar ons laat nie baie toe dat dit ons verander nie.

Ek sê dit, want ons het een huge voorbeeld van iemand wat Sy lewe vir ons gegee het – Jesus. Maar baie mense is onwillig om selfs die kleinste dingetjie vir hul medemens te doen sonder om iets terug te verwag.

Jesus het niks terugverwag van ons nie. Inteendeel- daar is niks wat ons ooit sal kan teruggee wat Hom vir Sy lewe sal vergoed nie. So, kom ons oefen om ‘n bietjie meer soos Jesus te wees en om iets op te gee van onsself om ander mense te help – sonder dat ons iets terug verwag. Dit is ware liefde.

Ware liefde verwag nie iets terug nie.

Gebed: Here Jesus, U is die beste voorbeeld van ware liefde. Help my om ook van myself op te gee om ander mense te dien. … Amen.

Uitdaging: Wanneer iemand weer vir jou vir ‘n guns vra, help hulle uit en moenie iets terug verwag nie.