What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ware liefde onbeskryflik groot

Romeine 8:32:” God gee so baie vir ons om, dat Hy nie eers Sy eie Seun se lewe gespaar het nie. God het Hom in ons plek laat doodgaan. As Hy bereid was om so ver te gaan, sal Hy mos enigiets vir ons doen.”

Is jy een van daardie mense wat gedurig verwerp voel en glo dat niemand jou liefhet nie? Die oorsaak hiervan kan agv ‘n verskeidenheid dinge wees soos byvoorbeeld: jou ouers se gebroke huwelik, gebroke verhoudings, misverstande, afkraking, teleurstellings, snydende kritiek en so kan die lysie aangaan. 

Maar moenie tou opgooi nie, want hoe dink jy moes Jesus tydens Sy inhegtenisname en Sy kruisiging gevoel het? Ek dink Jesus het toe ook gedink dat niemand Hom liefhet nie. Onthou, Sy dissipels het Hom verloën en verlaat … en Hy is deur mense verwerp. Maar een ding kan jy glo, Hy het nooit in God se liefde vir Hom getwyfel nie!

As jy dus weer terneergedruk voel en jy voel niemand het jou lief nie, skep moed en dink weer! God is baie lief vir jou, só lief dat Hy Jesus vir ons laat sterf het en Hy sal jou nooit in die steek laat nie! Al voel dit vir jou dat jou sondes te groot of te veel is en al het jy baie tekortkominge, onthou altyd: God het jou baie lief! Hy weet van jou, Hy ken jou gedagtes en Hy verstaan jou gevoelens en Hy stort Sy liefde en genade oor jou uit.

Jy moet net na Hom toe draai. Stel jou lewe vir Hom oop en nooi Hom in. Jy sal nie spyt wees nie. God se liefde en genade sal jou hele wese vul en jou oplig. Hy sal jou lewe vul met nuwe hoop en vertroue. Hy het jou onvoorwaardelik lief!

Gebed: Dankie Here, dat U my onvoorwaardelik liefhet. Amen.

Uitdaging: Glo dat God jou onvoorwaardelik liefhet en getuig by jou vriende daarvan.