What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ware liefde kort nie ʼn rede nie

Romeine 5:6-8

6Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf… 8God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was.

Dink gou aan iemand wat jy as een van jou gunsteling mense sou beskou; en dan aan iemand waarmee jy gereeld vassit. Ons liefde is baie kere nogal voorwaardelik (so ons hou baie keer van mense as gevolg van wat hulle doen). Ons voel dat die boelies by die skool slegte dinge verdien en ons naaste vriende die beste verdien.

Gelukkig het ons nie beheer oor hierdie dinge nie. God se liefde aan ons is totaal en al onvoorwaardelik. Dit beteken dat selfs al doen ons dinge wat vir God nie goed en mooi is nie, Hy ons nie enigsins minder sal liefhê nie. God het, ten spyte van die feit dat ons as mense so baie met Hom vassit, gekies om aarde toe te kom en ons plek by die kruis in te neem. Crazy ?

Maar dit beteken nie dat ons net doen wat ons kan en dat ons nie dink aan die nagevolge nie. As ons vernuwe word (dink aan gister se teksvers), help die Heilige Gees ons om meer en meer soos Jesus te begin lyk. En ons is dankbaar dat God vir ons genoeg genade geskenk het om Jesus te stuur sonder die waarborg dat ons Hom sal wil volg – dis ware liefde.

Ware liefde kort nie ʼn rede nie.

Gebed: Dankie Here, dat U my liefhet ten spyte van die tye wat ek met U vassit. Ek wil ware liefde uitstraal aan die mense om my net soos wat U vir my gewys het.

Uitdaging: Tik/skryf ʼn boodskap aan die persoon met wie jy so gereeld vassit (die een waaraan jy gedink het aan die begin van die Padkos). Wens vir hulle ʼn goeie dag toe en vra eerlik hoe dit met hulle gaan.