What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ware liefde is nie maklik nie

Ware liefde is nie maklik nie.

Lukas 6:6-8

6Op ’n ander sabbatdag het Jesus na ’n Joodse sinagoge toe gegaan… Daar was ’n man wie se regterhand heeltemal misvorm was. Dit was ineengetrek sodat hy dit glad nie kon gebruik nie. 7Die skrifkenners en die Fariseërs het Jesus fyn dopgehou. Hulle wou sien of Hy dit sou waag om iemand op die sabbat gesond te maak sodat hulle Hom kon aankla dat Hy God se wet oortree. 8Jesus het geweet hulle hou Hom dop, maar Hy het Hom nie aan hulle gesteur nie. Hy het vir die man met die misvormde hand gesê: “Kom staan hier!” Die man het dadelik opgestaan en na Jesus toe gekom.

Ek weet nie of jy al agtergekom het nie, maar meeste mense kan dit nie duld wanneer iemand hulle oorskadu nie. Jesus was baie goed daarin om die Fariseërs te oorskadu wanneer dit gegaan het oor om die regte ding te doen. Jesus het dit nie gedoen nie omdat Hy wou af-show nie, maar omdat Hy regtig omgegee het vir die mense rondom Hom.

Om die regte ding te doen, selfs wanneer ons nie lus het daarvoor nie, neem baie dissipline. Daarom, wanneer ons op ‘n manier leef wat wys dat ons aan Jesus behoort, kan daar mense wees wat ons name noem of ons terg of lelik met ons is. Mense wil nie sommer die regte ding doen as dit beteken dat hulle iets van hulself moet opoffer nie. So hulle wag vir ons om iets goeds te doen sodat hulle ‘n probleem daarmee kan vind. Dan lyk hulle beter.

Jesus se genesingswonderwerk het die Fariseërs uitgedaag om hulle eie harte te deursoek. Hy wou hê hulle moes sien dat die reëls wat hulle vir hulself opgestel het, nie regtig daar was omdat hulle omgegee het vir die mense nie, maar omdat hulle wou goed lyk. Jesus het die standaard vir goed doen gelig – ‘n standaard wat hulle nie bereid was om te ontmoet nie.

Ware liefde is nie maklik nie.

Gebed: Liewe God, Jesus het ons gewys hoe U liefde lyk. Dankie dat U my uitdaag soos ek vir Jesus beter leer ken. Dankie dat ek niks hoef te doen om U liefde te verdien nie, maar dat U dit so vrylik gee. Help my asseblief om wat nodig is op te offer sodat ek ander lief kan hê. Amen.

Uitdaging: Dink aan ‘n manier waarop jy Jesus se liefde aan iemand anders kan wys. Dalk moet jy bietjie uit jou comfortzone beweeg om dit te doen. Komaan. Probeer dit bietjie