What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ware aanbidding begin wanneer jy weet wie jy aanbid!

Kolossense 3:16


Jesus se boodskap moet in julle lewe wees wat ’n bouplan vir ’n bouer is. Dit moet die plan wees vir alles wat julle doen. Daarom moet julle nie tevrede wees voordat julle alles weet wat Jesus vir julle wil sê nie. Leer mekaar wat reg en verkeerd is. As iemand ’n fout maak, help hom reg. Gebruik ook psalms en ander liedere om dit te doen. Sing uit julle hart uit, want met hierdie geestelike liedere sê julle ook vir God dankie.

As jy nog nooit ‘n viool gespeel het nie, wed ek jou dat wanneer jy een vir die eerste keer optel, sal jy nie fantasties kan speel nie. Jy moet eers leer hoe om dit vas te hou, hoe om dit te speel en dan baie oefen. Soms is ek bang ons doen dieselfde met God.

Ons dink dat as ons God net op ‘n Sondag aanbid wanneer ons kerk toe gaan, is dit okay. Maar dis nie ware aanbidding nie. As ons opreg wil aanbid, moet ons leer hoe om te aanbid. Ons moet leer waaroor om God te aanbid. En net soos met ‘n nuwe instrument, moet ons baie oefen.

Aanbidding is eg wanneer ons weet wie ons aanbid. Daarom moet ons dinge wat Jesus ons leer in ons lewe inbou. Hoe meer ons God ken, hoe meer sal ons lewens ‘n toonbeeld van aanbidding word, want ons sal ‘n rede hê om te aanbid en ons sal dit dan met ons hele hart doen.

Ware aanbidding begin wanneer jy weet wie jy aanbid!

Gebed: Here, hierdie is my eenvoudige gebed. Help my asseblief om U beter te leer ken sodat ek U beter kan aanbid. Amen.

Uitdaging: Dink aan een ding wat jy nog altyd oor God gewonder het … Praat met ‘n geestelike leier wie jy vertrou oor jou vraag.