What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Waag dit om vir Jesus te leef!

Romeine 6:8-9

8Ons wat saam met Christus gesterf het, glo dat ons saam met Hom sal leef. 9Ons glo dit omdat ons weet dat Jesus, nadat Hy uit die dood opgestaan het, nooit weer sal doodgaan nie. Die dood het nie meer ’n houvas op Hom nie.

Kom ons begin met ‘n vraag: Hoekom dink jy het Jesus aarde toe gekom? Baie van ons se eerste instink is om te antwoord: “Jesus het aarde toe gekom om vir ons sondes te sterf”. Dis baie waar, maar dis nie al nie. Die storie is soveel cooler as net “Jesus het gesterf”.

Die mees amazing deel van die storie is dat Jesus opgestaan het uit die dood! Kan jy jouself indink hoe dit sou wees om vir ewig te leef? Dis moeilik. Ons is nie gemaak om net 70/80 jaar te leef en dan te verdwyn nie. Ons is gemaak om vir ewig saam met God te leef – as ons ‘n verhouding met Jesus het is dit moontlik.

Ek dink as ons op die aarde nie kon doodgaan nie, sou ons baie anders geleef het. Ons sou meer gewaag het. Dalk moet jy net bietjie meer waag om ander mense te vertel van wat Jesus in jou lewe doen.

Waag dit om vir Jesus te leef!

Gebed: Here God, dankie dat U vir my lewe gee as gevolg van Jesus! Ek wil vir ander vertel van hoe hulle ook lewe kan hê. Help my om braaf te wees om met my vriende te praat oor wie U is vir my. Amen.

Uitdaging: Dink aan een ding wat jou terughou om ander mense te vertel van Jesus. Dink hoe jy oor daardie vrees of obstacle kan kom.