What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Vul jou gedagtes met goeie kos

Filippense 4:8-9 Weet julle waaraan julle moet dink in plaas daarvan om julle te sit en bekommer? Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is. Moenie julle tyd mors om aan allerhande nuttelose dinge te sit en dink nie. Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is en wat God in ’n goeie lig stel. Ek stel mos vir julle ’n goeie voorbeeld. Ek het baie dinge vir julle vertel. Julle het baie by my geleer. Wat julle my gesien doen en gehoor sê het, moet julle net so doen en sê. God sal julle nie los nie. Hy sal by julle bly. By Hom sal julle veilig en gelukkig voel.

Soms wonder ons hoekom ons aanhou optree soos die wêreld, want ons is mos veronderstel om anders te wees. Ons woon wel in die wêreld, so ons moet versigtig wees. Ja, God kan ons help om ons gedagtes te vernuwe, maar ons is verantwoordelik vir dit waarmee ons ons gedagtes stimuleer. Romeine 12:2 sê ons moenie soos die wêreld word nie. Hier gee Filippense ‘n praktiese oplossing. As ons wil anders dink en doen, moet ons bedag wees op waarna ons luister, wat ons lees, kyk en versigtig kyk na die geselskap waarmee ons onsself besig hou.

Gebed: Here, gee my asb. wysheid en onderskeiding sodat ek nie my tyd sal mors met dinge wat nie opbouend is nie. Ek wil hê U moet gelukkig wees met die dinge waaraan ek dink en wat ek doen. Amen.

Uitdaging: Vra God om vir jou te leer hoe om jou gedagtes altyd skoon te hou.