What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Vryheid is gratis!

Efesiërs 1:7

Dit was soos ’n handelstransaksie: omdat ons so sondig was, was ons God se vyande. Toe kom Jesus en betaal wat nodig is om weer alles tussen ons en God reg te maak. Dit het Hom wel sy lewe gekos, maar die vrede is herstel tussen God en almal wat aan Jesus se kant staan. Dat God so iets gedoen het sonder om te vra wat ons kan terugbetaal, wys net hoe geweldig goed Hy vir ons is.

Verbeel jouself jy staan ​​in ‘n kunsgalery. Jy hou nie eens van kuns nie, so jy loop rond asof jy nie omgee nie. Aangesien jy nie versigtig is nie, stamp jy ‘n skildery wat op die vloer val. Die skildery is R100 000 werd. Daar is geen manier om dit te betaal nie. Wat doen jy?

Sou dit nie simpel wees as ons geglo het dat ons daaraan kan weg-chip deur net R1 elke dag vir die res van ons lewens te betaal nie? Selfs sonder dat die koste duurder raak (soos met inflasie – moenie bekommerd wees nie, selfs ek verstaan dit nie so goed nie), sal dit ongeveer 270 jaar vat om af te betaal. Hoekom is daar dan so baie van ons wat probeer om dieselfde met God te doen?

Ons gee Hom hier en daar ‘n bietjie, en dink ons ​​sal in Sy boeke goed wees, terwyl ons eintlik nooit vir ons oortredings kan ‘betaal’ nie. As ons regtig wou betaal vir ons oortreding, sal ons altyd kort val. Gelukkig word dit nie van ons verwag nie. God is nie die kind wat jou boelie as jy nie hulle kan terugbetaal nie.

Jesus se kruisdood was om vir ons te bewys dat God ons nie net liefhet nie, maar dat niemand ooit hul eie weg na God kan maak nie. Jesus vergewe ons, sonder dat ons iets moet doen. Moenie in die lokval gevang word deur te dink dat jy vir jou sondes kan betaal nie. Leer eerder om afhanklik te raak op God se liefde, om te groei, en meer soos Jesus te word.

Vryheid is gratis!

Gebed: Here God, ek is jammer dat ek soms my eie weg probeer maak om U liefde te verdien, terwyl U my van die begin af baie liefgehad het. Dankie vir Jesus. Dankie dat Jesus my vrymaak om ‘n lewe te leef wat op U staatmaak en dat ek nie ‘n prys hoef te betaal daarvoor nie… Amen

Uitdaging: Skryf in twee kolomme die verskil tussen ‘n lewe wat streef om net ‘God gelukkig te hou’,  en ‘n lewe wat vir God geleef word. Watter kant sal jy eerder kies?