What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Vriende van God

Spreuke 19:20 “Luister na mense wat die lewe ken. Aanvaar hulle raad. Dink goed oor hulle woorde na. Pas dit in jou eie lewe toe. Dan sal jy weet hoe om gelukkig te wees.”

Elkeen het die begeerte na lekker vriende op wie jy kan staatmaak. Maar dis moeilik om vriende te kies en by groepe in te skakel as jy nuut in ’n omgewing is en niemand ken nie. Dis ‘n groot challenge! Partykeer wil die Here jou in die diep kant gooi om die ander kant van die rivier te sien. As jy nie uit jou gemaksone wil kom nie, gaan jy dit vir jouself nog moeiliker maak.

Die groot vraag is: Wie kies jy? Die Here wil graag hê jy moet by ‘n groep vriende inskakel waar jy gemaklik en jouself kan wees. Die Here sê vir ons dat ons na mense met wysheid moet luister en nie na die dwase wat saam met die stroom vloei nie. Dit is maklik om sommer met die eerste mense wat oor jou pad kom, vriende te maak. Maar vat eerder jou tyd en maak die regte keuse.

As jy die wyse man se raad in Spreuke toepas in jou lewe, sal jy weet hoe om gelukkig te wees. Dis ‘n goeie definisie van ‘n ware vriend. As jy jou hart met die Here deel, sal Hy daardie waardevolle vriende vir jou gee.

Gebed: Here, ek vra dat U my sal help om die regte vriende te kry. Die ware vriende! Die vriende wat my sal help om die regte keuses in die lewe te maak en wat my nie op die verkeerde pad sal lei nie. Amen!

Uitdaging: Probeer hierdie week met jou vriende gesels en vra raad as jy met iets in jou lewe sukkel. Dalk kan hulle uit eie ondervinding vir jou raad gee.