What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Vriende in die goeie en slegte tye

Spreuke 18:24: ” In tye van nood leer jy jou vriende ken. Sommige praat net, maar doen niks nie. Ander sal alles vir jou doen. Hulle is nader aan jou as ‘n broer.”

Elkeen van ons het vriende in ons lewe nodig. Ons moet vir God vra om die regte mense oor ons pad te stuur! Pasop vir verkeerde vriende. Aan die begin lyk dit dalk of hulle baie fun kan wees, maar later sien jy dat hulle glad nie vir jou omgee nie en dalk net op hulleself ingestel is. Hulle gewoontes en leefstyl laat jou miskien ook nie heeltemal gemaklik voel nie.

Gaan woon partytjies en events by waar jy weet Jesus tuis sal voel en kies op die manier vir jou die regte vriendekring.

Vertel openlik vir ander dat jy ‘n kind van die Here is. Jy sal dan vinnig sien wie regtig met jou vriende wil wees. Vriende moet mekaar liefhê en omgee vir mekaar. Hulle moet mekaar bystaan en daar wees vir mekaar. Hulle moet mekaar verstaan en bymekaar staan in goeie en in slegte tye. Vriende bou mekaar op en hou mekaar op die regte pad en hulle stel mekaar nooit teleur nie.

Vra vir Jesus om jou te help om die regte vriende te kies.

Uitdaging: Wees ‘n goeie vriend en vertel jou pel van Roadtrip247. Wys vir hom of haar hoe om te subscribe of stuur sommer self hulle naam en nr na 067 050 1480.

Gebed: Jesus, ek is op soek na goeie vriende wat altyd daar sal wees vir my, nie net wanneer dit goed gaan nie. Stuur asb so iemand oor my pad. Amen.