What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Vreugde en frustrasie gaan nie saam nie

Filippense 4:5

5Julle moet vriendelik en geduldig wees met al die mense, want die Here sal gou weer kom!

Wanneer dinge moeilik raak, is dit maklik om opgewen en geïrriteerd te word. Ons moet dit nie op ander uithaal nie. Ons kan nie werklik vreugde hê en op dieselfde tyd gefrustreerd bly nie. Dit maak net nie sin nie.

In hierdie vers vertel Paulus aan die mense dat hulle in vriendelikheid en geduld moet lewe. Dit is ‘n manier om vreugde uit te druk. As ons vreugde in God het, weet ons dat Hy dinge onder beheer het en ons weet ons kan na Hom toe gaan as ons sukkel.

In die tyd van Paulus en die disippels het hulle gewag dat Jesus weer binnekort sou terugkom. As ons afwagting het vir God om ons te vorm en ons omstandighede te verander, volg vreugde van nature en daarom kan ons vriendelik en geduldig wees met almal om ons… Net soos wat God met ons is.

Vreugde en frustrasie gaan nie saam nie.

Gebed: Here God, help my om U raak te sien terwyl ek deur my moeilike tye (Noem dit – Eksamens? Familie? Depressie?) gaan. Help my om my vreugde in U uit te druk deur geduldig en vriendelik te wees met almal om my, selfs wanneer dinge verkeerd gaan… Amen.

Uitdaging: Vind maniere om vandag vriendelik en geduldig te wees. Hoe kan jy vandag vriendelikheid bewys aan iemand? Dalk is dit so maklik as om vir hulle voor ‘n eksamen te bid.