What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Volg in die voetspore van hulle wat God liefhet

2 Timoteus 1:5

Ek dink nogal baie aan jou en hoe opreg jy op die Here vertrou. Jy aard so reg na jou ouma Loïs en jou ma Eunice. Ek weet dat jy ook op die Here vertrou soos hulle.

Ek was so ‘n paar maande gelede by ‘n groot familie reünie: die kos was lekker, die geselskap was pret en ek het mense gesien wat ek toeka laas gesien het (dis nou as ek kon onthou dat ek hulle ooit ontmoet het). Natuurlik het ek by ‘n paar van hulle gehoor: “Jy lyk nes jou pa” of “Jy lyk baie soos jou ma”.

Soms kry ons skaam as mense ons vergelyk met ons ouers. Dis glad nie cool om met jou ouers vergelyk te word nie, is dit? Ons leer so baie van wat ons weet en doen by ons ouers, partykeer goed, partykeer sleg. Baie van ons het familielede wat vir God en Sy koninkryk leef, en dit is niks om oor skaam te wees nie.

Kyk na die ouer mense om jou – of dit nou jou actual ouers is of  iemand wat ‘n rolmodel vir jou is. Wat kan jy by hulle leer? Hoe kan jy hulle voorbeeld volg om ook ‘n groot impak te hê op ander?

Volg in die voetspore van hulle wat God liefhet.

Gebed: Here God, dankie dat ek ouer mense het wat vir my ‘n voorbeeld kan stel. Help my om hulle voorbeeld te volg en ‘n lewe te leef wat wys dat ek U liefhet … Amen.

Uitdaging: Spandeer hierdie week ‘n uur saam met ‘n ouer rolmodel van jou – vra hulle iets oor hulle geloof en wat dit vir hulle beteken om Jesus te volg.