What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Vertrou God. Hy is genadig

Romeine 4:22

Inderdaad, God het Abraham regverdig verklaar omdat hy in Hom geglo het.

Stel jou voor: Dit is die einde van die aarde. Die begin van Jesus se koningsheerskappy. Die boek van die lewe word oopgerol en elke mens se lewensboek word oopgemaak. Daarin is geskryf wat ons in ons lewe gedoen het, goed of sleg. Die vereiste om ‘n ewigheid in die Heilige God se teenwoordigheid te wees, is heiligheid. Daar mag geen slegte merkies wees nie. Nie eers een nie.

Almal sidder, want die mense weet daar is niemand wat aan daardie vereiste kan voldoen nie. Nie eers een nie.

Gelukkig het God in Sy liefde en genade ‘n plan gemaak. Dié wat hulle geloof in Jesus stel, net soos wat Abraham gedoen het toe hy gewaag het om op God te vertrou om Sy beloftes te hou, word regverdig verklaar. 100% reg, al is jy dit nie.

God se genade het niks met enige slim planne van mense te doen nie. In die Ou Testament het die mens oor en oor bewys dat hulle dit nie met hulle goeie dade of offers kan regkry om regverdig te word nie. Dit maak ons totaal afhanklik van God en Sy genade.

Al wat God vra, is dat jy jou lewe vir Hom gee – en vertrou dit is in veilige hande.

Vertrou God. Hy is genadig.

Gebed: Vader, dankie vir U genade! Dankie dat U sê ek is 100% regverdig, selfs al struikel ek soms. Help my om ook ander mense wat nie my vergifnis verdien nie te vergewe. Amen.

Uitdaging: Jy het God se genade gekry, selfs al verdien jy dit nie. Wees vandag goed vir iemand wat dit ook nie verdien nie.

NS: Die wêreld is maar rof daar buite. Hy gooi allerhande curveballs wat ons partykeer sukkel om te dodge. As jy weet van iemand wat ook hierdie Padkos stukkies van Roadtrip247 sal geniet, beveel hulle aan. WhatsApp hulle naam, van en taalvoorkeur na +27670501480.

BAIE NB! Roadtrip247 se nommer (+27 67 050 1480) moet onder hulle contacts gestoor word. Ons maak gebruik van broadcasting en as hulle nie Roadtrip247 se nommer op hulle foon gestoor het nie, sal die boodskap nie by hulle uitkom nie.