What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Vertel van God se versoening!

2 Korintiërs 5:18-19

God het vir ons die werk gegee om mense met Hom te versoen… Hy het vir ons gesê ons moet vir mense vertel dat God so vir hulle versoening gedoen het.

As jy goeie nuus ontvang, wie is die eerste persoon wat jy daarvan vertel? Baie van ons sal ons ouers vertel, dan vriende, dan ander. Net so word ons ook geroep om God se goeie nuus van versoening te deel met almal.

Is dit nie fantasties dat God ons wil gebruik om versoening te bring in die wêreld nie! Nie net het God ons met Homself versoen nie, maar Hy gee vir ons ook ʼn taak om deel te word aan Sy groot plan om herstel te bring in die wêreld. God het ons so lief dat Hy aan ons so ʼn besonderse groot taak toevertrou.

Soos wat ons om ons kyk, is daar versoening nodig. Dalk moet jy nog ʼn vriend vergewe vir iets wat jy teen hulle hou. Dalk moet jy weer vrede bring tussen twee ander mense en hulle help om te herstel. Maar ons kan en moet ook ander vertel van die versoeningswerk wat God gedoen het deur Jesus na ons toe te bring.

Vertel van God se versoening!

Gebed: Here, dankie dat U my wil gebruik om herstel te bring in die wêreld om my. Help my om vrymoedig genoeg te wees om ander te vertel van die versoening wat U bring… Amen.

Uitdaging: Doen een van die volgende: 1. Probeer ʼn verhouding herstel en vra vir vergifnis as jy iemand seergemaak het. 2. Probeer om in te staan vir die konflik van jou vriende en probeer om daar vrede te bring. 3. Vertel iemand van God se plan om die wêreld te versoen.