What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Vergifnis bring vrede!

Efesiërs 4:32: “Behandel mekaar mooi en goed. Laat dit vir ander lekker wees om by julle te wees. Sien mekaar se foute oor net soos God julle foute oorgesien het omdat julle Jesus s’n is.”

In vandag se teksvers sê God dat ons mekaar mooi en goed moet behandel, sodat dit vir ander lekker is om by ons te wees.

Dis nie maklik om dit altyd reg te kry nie, want ons maak mekaar gereeld seer deur ons woorde en ons dade. En wanneer ons self seerkry, kom die kwaad en haat tog te maklik uit. Maar Jesus vra van ons om ons naaste lief te hê soos wat ons onsself het. En as ons dit kan regkry, is dit ook ‘n bewys dat ons Hom bo alles liefhet en graag aan Sy woorde gehoorsaam wil wees!

Dit is nie altyd maklik om iemand te vergewe nie, maar met God se hulp sal ons dit regkry en daardeur gee ons mense ‘n tweede kans. Jesus vergewe ons en Hy wil hê dat ons daardie vergifnis sal neem om aan ander goed te doen. Sien ander se foute oor net soos Jesus joune ook oorsien en nie teen jou hou nie.

Gebed: Here, help my asb. om altyd ander te vergewe, soos U my elke keer vergewe. Amen.

Uitdaging: Vergewe vandag almal wat jou verkeerd behandel het.