What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Vergewe om vergeef te word

“As julle ander mense vergewe wanneer hulle iets verkeerds teen julle gedoen het, sal julle hemelse Vader ook julle sondes vergeef. Moet egter nie dink God sal julle sondes vergewe as julle nie bereid is om ander mense te vergeef nie.” Matteus 6:14-15

Ons almal raak kwaad vir mekaar en soms vir onsself vir iets wat ons gedoen het. En dis ‘n uitdaging om ‘n persoon te vergewe as hy of sy jou bitter kwaad gemaak het. Party van ons kan dit regkry om met tyd iemand te vergewe, maar sommiges sit met daardie woede vir die res van hulle lewe.

Die Here sê duidelik vir ons dat ons mekaar moet vergewe. Maak nie saak wat die persoon gedoen het nie, jy moet hom vergewe! As jy daardie persoon vergewe, sal jou hemelse Vader jou ook vergewe en seën. Ek was al baie in so ‘n situasie. Ek het nie geweet hoekom ek die persoon moes vergewe nie, maar ek moes, want dis die Here se opdrag aan ons almal.

Nadat ek hom vergewe het, het daardie persoon twee keer meer respek vir my gehad en ek het God se seën ervaar as gevolg van daardie gehoorsaamheid. As jy doen wat die Here van jou verwag, sal jy Sy seën ervaar.

Gebed: Here, dankie dat ek my vriende en my familie kan vergewe vir enige iets wat hulle aan my gedoen het. Dankie dat ek hulle kan vryspreek. Amen.

Uitdaging: Maak ‘n lysie van mense vir wie jy nog kwaad is. Bid vir hulle en sê vir die Here dat jy hulle vergewe vir wat hulle gedoen het.