What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Vergewe jouself, vergewe ander

Efesiërs 4:32

Behandel mekaar mooi en goed. Laat dit vir ander lekker wees om by julle te wees. Sien mekaar se foute oor net soos God julle foute oorgesien het omdat julle Jesus s’n is.

ʼn Lewe wat oorloop van kwaad-gevoelens en hartseer maak ʼn mens vreeslik moeg. Dit is ʼn baie swaar las om te dra! Maar hoe maak mens wanneer iemand jou die heeltyd seermaak? Dis baie moeilik, want God vra van ons om mekaar mooi en goed te behandel. Dit is oukei om sekere mense eerder uit jou lewe te hou, maar dit is belangrik om te probeer vrede maak met hulle. God vra iets besonders moeilik van ons: vergewe ander soos Hy ons vergewe.

As ons maar net vir ʼn rukkie sit en dink oor hoe baie kere God ons al moes vergewe – dis oorweldigend. God vra van ons om ander te hanteer met liefde en genade, nes Hy met ons maak. God vra ook dat ons onsself sal vergewe soos Hy ons vergewe! Dit kan nog moeiliker wees. Vergifnis vra soms baie van ons, maar dit is iets waarmee Jesus ons sal help.

Gebed: Here, dit is partykeer regtig moeilik om ander lief te hê soos wat U hulle het. Help my asseblief om altyd te onthou dat U hulle liefhet, en dat U my in staat stel om hulle ook lief te hê. Here, help my om ander en myself daagliks te vergewe vir wat ons doen, nes U ons vergewe. Amen.

Uitdaging: Vergewe jouself vir iets wat jy gedoen het en waarmee jy dalk sukkel om dit agter jou te sit. Praat met God daaroor en soek by Hom wysheid.