What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Van die wegspring tot die einde

Hebreërs 12:1 – 3

Laat ons maar net die wedloop hardloop deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees. 

Dis altyd vir my ‘n groot WOW as ek dink hoe lief God Sy kinders het. Hy sorg altyd vir ons. Ja, selfs op hierdie reis van geloof in Hom. Wanneer ons God se kinders word, is God van die wegspring tot die einde by jou.

Hy is die een wat ons oë oopmaak vir geloof en omdat Hy ons op die reis sit, kan ons met vertroue weet dat Hy dit sal voltooi. In Hebreërs 11 kry ons ‘n lys van gelowiges, amper soos ‘n erelys van getroue gelowiges. Dis voorbeelde van mense wat deurgedruk het en in geloof aangehou het om God te volg in soms onmoontlike tye.

In die verlede was daar ‘n hele klomp mense wat uitgehou het in moeilike tye, omdat hulle op Jesus gekonsentreer het. As jy dit ook doen, sal jy ook die wenpaal haal, vol geloof in jou Verlosser.

Gebed: Liewe Jesus, dankie vir U woord. Dankie dat ek kan lees oor hoe U ander gehelp het om getrou te wees en dankie dat ek verseker kan weet dat U dieselfde vir my sal doen. Amen.

Uitdaging: Probeer om die hele dag jou fokus op Jesus te sit, veral as dit swaar gaan.