What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Uit die boom tot binne-in God se hart

Lukas 19:5 Toe Jesus by die wildevyeboom kom, het Hy skielik gaan staan, opgekyk en gesê: “Saggeüs, klim dadelik af. Maak gou! Want Ek moet vandag by jou kom oorbly.” 

Jesus het deur Jerigo gestap en vir Saggeüs in die boom gesien. Saggeüs was ’n tollenaar wat belasting ingevorder het. Hy was skatryk omdat hy die mense se geld gesteel het. Jesus het hom afgeroep en gesê dat Hy in sy huis wil gaan eet. Die mense was verskriklik kwaad omdat Saggeüs ’n skelm was. 

Jesus het geweet wat Saggeüs in sy verlede gedoen het en dat hy die mense se geld steel sodat hy ’n beter lewe kan hê, maar steeds het Jesus besluit om by hom in die huis te gaan bly. In vers 10 staan daar geskrywe: “Jy ook! Ek, die Seun van die mens, het gekom om mense te soek wat op die verkeerde pad leef. Ek maak hulle lewens splinternuut.”  

Wanneer ek hierdie storie lees, dink ek aan al die waardes wat Jesus het. Hy is nederig, liefdevol, sagmoedig, eerlik, geduldig, nie-veroordelend, onselfsugtig en persoonlik. Jesus gee aan elkeen van ons waarde. Hy het ’n persoonlike verhouding met ons en laat ons spesiaal en belangrik voel wanneer ons met Hom tyd deurbring. Hy luister na ons wanneer ons dink Hy het Sy rug op ons gedraai.  

Hy is vir ons oneindig lief. 

Gebed: Dankie, Jesus dat U so ’n liefdevolle God is en ons help om op die regte pad te leef. Help my asseblief dat ek sal onthou wie U is elke dag. Amen. 

Uitdaging: Wanneer jy ’n storie van Jesus in die Bybel lees, skryf die waardes van Jesus neer en dink na oor hoe Hy mense laat voel het.