What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

U gee vrede

Jesaja 26:3 “Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel.

Daar is dae en tye wanneer dit voel asof God van ons móés vergeet het, want sjoe! Dit kan mos nie anders wees nie? Maar wanneer ons weer stil raak by God se voete en by Hom gaan hoor wat aan die gang is, kom ons baie maal agter dat God vir ons vrede bring op ‘n ander manier as wat ons verwag het. Soms word ons aandag van God se planne afgetrek.

Om op God te vertrou, beteken om te glo dat Hy nog met ons besig is al voel dit nie so nie. Om op God te vertrou beteken om stil te raak en Hom te gaan soek wanneer dit voel asof Hy nie daar is nie, want dit beteken waarskynlik dat ons verder van Hom afgedwaal het. God is altyd besig met ons, en ons kan ons vertroue in Hom plaas.

Gebed: Here, soms vergeet ek wie U is. Soms vergeet ek dat U altyd by my is en besig is om mooi dinge in my lewe te doen. Help my om hierdie dinge raak te sien, en ander dinge te laat gaan. Amen.

Uitdaging: Probeer om vandag stil te raak en net na God se stem te luister. Vra vir Hom ʼn vraag, maar raak daarna stil en luister.