What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Tye van swaarkry moet ons nader aan God bring.

Romeine 5:3

Al kry ons nou baie swaar, vat dit glad nie ons blydskap weg nie. Allesbehalwe. Ons weet mos dat swaarkry ons vorm en slyp om nog meer op God te vertrou.

In swaar tye is ons geneig om kwaad, geïrriteerd en mismoedig te raak. Dit voel asof die wêreld teen jou is en niemand aan jou kant van die lyn is nie. Jou maats is lelik met jou, jou Wiskunde punt het al weer gesak en jou ma gee jou grief oor die min werk wat jy in die huis doen.

Dit is moeilik om in sulke tye vriendelik, maar steeds opreg te wees en op Jesus te vertrou. Dit is baie makliker om die skuld vir iemand anders te gee en vir Jesus uit die prentjie te skop. Maar dit is nie die beste manier om deur ’n moeilike tyd te kom nie.

Wanneer jy terugkyk oor jou lewe sal jy die swaar tye in jou lewe herken en sien dat Jesus elke keer voorsien het. Hy was elke tree saam met jou en Hy het jou sterker aan die anderkant uitgebring. Jy moet bly wees wanneer daar swaar tye oor jou pad gebring word, want Jesus gee nie vir jou ’n battle wat jy nie kan wen nie.

Tye van swaarkry moet ons nader aan God bring.

Gebed: Jesus, dankie dat ek weet U is daar vir my in die moeilike en maklike tye. Dankie dat U hierdie geleenthede gebruik om my sterker te maak en my geloof in U te versterk. … Amen.

Uitdaging: Vestig jou fokus op Jesus in die moeilike tye en verbly jouself oor die uitdagings wat Hy vir jou gee.