What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Toetse is ‘n geleentheid vir geestelike groei!

1 Jakobus 1:2-4

2My liewe mede-Christene, wees opgewonde as julle geloof by elke geleentheid getoets word. Julle weet mos hoe goed dit vir julle geestelike lewe kan wees. …  4Julle moet die Here toelaat om julle deur hierdie dinge te leer wat dit beteken om altyd net op Hom te vertrou, kom wat wil. So sal julle geestelike grootmense word wat weet hoe om in elke situasie reg op te tree.

Dit gebeur met baie mense dat wanneer hulle eksamen skryf, hulle ‘n blank slaan, al weet hulle vir ‘n feit hulle het hard ge-swot en dat hulle al die antwoorde ken. Of dalk het slapelose nagte en hope stres hulle aangetas omdat hulle goeie punte moet behaal vir Universiteitstoelating. Dalk is daai persoon jy?

Maar soms word ons op nog meer maniere getoets deur wat in die lewe om ons gebeur. Jakobus help ons om te verstaan dat die lewe vol toetse is en dat wanneer ons die toetse deurmaak en slaag deur die regte keuses te maak, ons geestelike lewe groei en ons wyser word.

Partykeer is die toetse wat die lewe ons bied nie maklik nie en maak dit selfs seer en laat ons ongemaklik voel. Maar die beloning is groot, want as jy die regte keuses maak, werk jy aan jou geestelike karakter se groei.

Toetse is ‘n geleentheid vir geestelike groei!

Gebed: Here God, ek voel baie keer dat die toetse in my lewe my so weerloos laat voel en dat ek niks reg kan doen nie. Help my, asseblief, sodat ek kan geestelik groei deur dit. … Amen.

Uitdaging: Dink aan ‘n situasie wat jou onseker maak en vra jouself: Hoe sal God wil hê moet ek nou optree of kies?