What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Toets die waarheid met God se Woord

Galasiërs 1:8

Kom ek sê reguit vir julle: as mense ’n ander weergawe van die goeie nuus oor Christus verkondig as dit wat julle by my gehoor het toe ek vroeër daar by julle was, sal God hulle verskriklik straf. Moenie eens na my of na ’n engel uit die hemel luister wat iets anders as dit vir julle kom vertel nie.

Het jy al ooit geval vir ‘n prank van iemand anders? Baie kere vertel hulle jou een ding, maar dan gebeur iets heeltemal anders en jy val so in hulle strik. Meeste van die tyd is daar nie groot nagevolge nie – maar soms gebeur dit tog dat mense regtig seerkry (emosioneel of fisies).

Die feit dat Jesus ons vrygemaak het van die straf wat ons sonde verdien, is ‘n ernstige saak vir God. God het ‘n pad oopgemaak vir ons om Hom regtig te leer ken en vir altyd in Sy teenwoordigheid deur te bring. Dis nie iets wat ons ligtelik kan opneem of durf te verdraai nie.

Paulus sê vir die mense van die tyd dat God mense sal straf wat Jesus se storie verdraai. Dit was en bly ‘n ernstige saak. Ons weet dit is soms moeilik om te weet wat ons kan of nie kan glo nie, maar ons eerste punt om sulke dinge te toets is in God se Woord.

Toets die waarheid met God se Woord

Gebed: Here, ek wil U persoonlik leer ken. Ek wil nie net glo wat enige mens oor U sê nie. Help my om in U Woord te kan inkyk en die waarheid te toets. Mag ek deur U Gees gelei word om te kan onderskei wat reg en verkeerd is… Amen.

Uitdaging: Jy word uitgedaag om die Sondag kerk toe te gaan en te luister na wat die dominee sê. Maak ‘n lys van die skrifgedeeltes wat hulle gebruik. Lees die skrifgedeeltes weer in jou eie tyd.