What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Swem Stroomop

Deuteronomium 31:6: “Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie! Die Here jou God trek voor julle uit. Hy sal julle vyande verslaan. Hy sal julle nie in die steek laat nie. Julle is nie alleen nie. Die Here is saam met julle!”

Om te rook, dwelms te gebruik of om drank te misbruik is nie “cool” nie, al dink jy ook so. Ons moenie hierdie dinge beoefen net om by ons vriende in te pas nie. Ja, hulle sê jy vind ontvlugting van jou probleme wanneer jy drink of “high” raak op dwelms, maar o nee … as daardie gevoel uitwerk, is al jou probleme en bekommernisse nog steeds daar en kan jy nie wag vir nog ‘n “fix” of ‘n dop om jou beter te laat voel nie.

Jy begin met onskuldige dinge eksperimenteer en soos jou liggaam hierdie dinge gewoond raak, moet jy vir al sterker goed soek en is jy later vasgevang in ‘n web soos die prooi van ‘n spinnekop en kan jy nie loskom nie.

Onthou altyd wanneer julle in sulke versoekings kom, vra vir Jesus om jou te help, want Hy weet daarvan en Hyself is deur die duiwel versoek. Hy is elke oomblik op Sy knieë voor die Vader se troon en Hy bid dat julle sterk sal wees en die versoekings sal oorwin. Boonop is die duiwel ‘n toeskouer … hy wag om te sien of sy planne om jou te verlei sal slaag … en as jy vasstaan, hardloop hy weg.

Moenie met vuur speel nie. Sê nee vir hierdie versoekings en sê Ja vir Jesus! Swem eerder soos ‘n Karper stroom-op as jy iewers in die lewe wil kom. Enige iemand kan saam met die stroom drywe, maar dit kos “guts” om teen die druk van versoekings by jou beginsels te bly!

Uitdaging: Vra vir Jesus om jou sterk te maak en die wilskrag te gee om by jou beginsels te bly. Hy wag vir jou om met Hom te praat.

Gebed: Jesus, hou asb my hand styf vas en lei my op die regte pad. Amen.