What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Stap agter Jesus aan

Matteus 4:19-20  “Laat staan julle nette. Kom agter My aan! Word my volgelinge. Dan sal Ek julle wys hoe om op ’n nuwe manier vis te vang. Ek sal julle leer om van nou af mense te vang wat in sonde leef sodat hulle deel kan kry aan God se nuwe wêreld.” Dadelik het Simon en Andreas hulle visnette neergesit en agter Jesus begin aanstap.

Hoeveel keer doen jy nie dinge omdat jou vriende dit ook doen nie? Jy trek dalk dieselfde styl as hulle aan, dalk gaan jy teen jou sin saam met hulle na plekke waar jy eintlik nie gemaklik voel nie, dalk gebruik jy woorde wat nie pas by ‘n kind van die Here nie.  

Baie dinge wat ons elke dag doen, doen ons op ‘n spesifieke manier, want ons ouers het ons so geleer of ons leer dit by die skool aan. In Matteus word ons herinner dat Jesus ons as Sy dissipels roep en wanneer Hy ons roep, moet ons alles los en Hom volg, net soos Simon en Andreas en die ander ouens gedoen het.

Wanneer ons vir Jesus begin volg, volg ons ook Sy voorbeeld van hoe om te lewe. Jesus word ons rolmodel in alles wat ons dink, sê en doen. Dit help as ons ons Bybel lees, want dis waar ons Jesus se karakter en Sy manier van dinge doen, leer.

Gebed: Jesus, help my om alles wat onnodig en verkeerd is, agter te laat sodat ek ook soos Simon en Andreas agter U sal aanstap. Amen.

Uitdaging: Probeer vandag om iets te laat staan wat nie Jesus se karakter weerspieël nie en stap eerder agter Hom aan.