What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Soek hulp by Jesus. Hy is lief vir verslaafdes.

Romeine 8:2 “Sy nuwe wet waarborg nou splinternuwe lewe in Christus Jesus vir my. Die Gees maak my vry van die neerdrukkende wet van die sonde en die dood. Hy breek daardie magte se houvas op my lewe vir altyd.”

Geen verslawing lyk sleg aan die begin nie. Dikwels begin dit heel onskuldig. ‘n Manier om die tyd om te kry, net daardie boost wat jy nodig het om vir een oomblik jou gewildheid te verbeter of ‘n gerieflike manier om van pyn ontslae te raak. Voor jy jou kom kry word jou weerstand al meer en meer afgebreek tot jy op ‘n punt kom waar jy nie meer “nee” kan sê nie.

Dit is wanneer dinge heeltemal buite beheer begin raak dat jy besef dat dit wat jou so vasvang eintlik sleg is vir jou, en dalk ook vir mense rondom jou. Die hartseerste is dat die antwoord vir al daardie redes ook in Jesus gevind kan word. Op ‘n manier wat nie vir jou of enige iemand anders vernietig nie, maar wat die lewe laat sin maak.

Die beste nuus is dat Jesus se mag sterker is as die mag wat enige iets of iemand ooit oor jy kan hê. In Sy liefde het Hy alreeds daarvoor gesterf en as jy kies om Hom te volg, gee Hy vir jou ‘n splinternuwe lewe. Hy wil dit so graag doen vir enige iemand wat vasgevang is in enige vorm van verslawing. Hy het nie net vir “goeie” mense gesterf nie. Hy skrik nie vir die mag van sonde in ons lewe nie. Niks is te groot of te sleg vir Hom om te hanteer nie. Hy het juis gesterf om mense vry te maak van enige vorm van sonde wat ‘n houvas op ons het. Hy kan daardie houvas vir altyd breek. Dit is nooit te laat nie. Hy spesialiseer in vrymaking van verslaafdes.

Soek hulp by Jesus. Hy is lief vir verslaafdes.

Gebed: Here, hierdie ding wat ‘n houvas op my lewe het kan ek nie in my eie krag breek nie. Maak my nuut. Help my om vry te kom van dit wat nie vir U eer bring nie. Amen.

Uitdaging: Genesing van dit wat ‘n houvas op jou het begin by erkenning! Probeer vir een dag klaarkom sonder daardie fix wat jy dink jy nodig het. Maak die besluit in jou hart om deur niks anders as God se liefde beheer te word nie. Kry hulp om los te kom as dit nodig is.