What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Soek geleenthede om goed te doen!

Romeine 6:13

Moenie dat ’n enkele liggaamsdeel van julle ooit in diens van die sonde staan nie. Nee, gee julle lewens vir God, van kop tot tone. Onthou: Hy het julle saam met Jesus uit die dood laat opstaan. Doen net wat God sê met elke krieseltjie krag in elke liggaamsdeel van julle.

As ons vandag rondom ons kyk, hoor en sien ons dikwels dinge wat verkeerd is in die wêreld. Ons het dalk groot idees oor hoe ons hierdie dinge kan oplos, maar ons voel dikwels oorweldig deur al die dinge wat so sleg lyk. Ons het so gewoond geraak om die slegte dinge in die wêreld raak te sien. Maar dit is nie opbouend nie.

Ek het onlangs begin oplet hoe ‘n paar van my vriende gemeenskapswerk begin doen het en hoe baie van my vriende ook by die kerk se aktiwiteite betrokke raak. Dit het my laat besef dat daar so baie plekke is waar ons ‘n verskil kan maak en eintlik ons ​​gawes kan gebruik om ons gemeenskap en kerk te seën en eer aan God te bring!

Miskien is dit tyd dat jy ook die geleenthede raaksien om goed te doen in plaas daarvan om net te fokus op die slegte dinge wat in die wêreld gebeur. Hoe meer ons fokus om goeie dinge te doen en Jesus te verteenwoordig waar ons kan, hoe meer sal ons begin groei in ons geloof en die dinge agterlaat wat nie vir God eer nie.

Soek geleenthede om goed te doen!

Gebed: Here God, U is soveel sterker en groter as die bose dinge in die wêreld. Help my om te fokus op die dinge wat goed is en om maniere te soek om my gemeenskap en geestelike familie te dien … Amen.

Uitdaging: Is jy betrokke by jou gemeenskap of kerk? Indien nie, kyk hoe jy elke week ‘n uur kan gee om iets goed te doen. As jy dit reeds doen, kyk of jy iemand anders kan aanmoedig om saam met jou betrokke te raak.