What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Soek dit wat vir Jesus belangrik is

Kolossense 3:2

“Moenie toelaat dat dinge wat nie vir Jesus belangrik is nie, vir julle te belangrik word nie. Ek praat van tydelike, aardse dinge waarmee julle julle partymaal so kan besig hou. Bestee liewer al julle tyd aan dinge wat vir Jesus belangrik is. Dink daaroor na, praat daaroor en doen dit!”

Soms wens ek met my hele hart dat my lewe anders kan wees. Ek sien dinge wat ander mense het of doen en ek wens ek kan dit ook hê. Ek sien sommer so in my verbeelding hoe lekker my lewe sal wees wanneer ek daardie nuwe gadget, klere of game het.

Die dinge waarvoor ek wens het al by tye my gedagtes heeltemal oorgeneem. Ek het dag en nag daaroor gedink en planne beraam om dit so te kan laat uitwerk of daardie item te kry waaroor ek droom. Wanneer dinge nie so vir my uitgewerk het nie kon ek sommer diep ongelukkig raak.

Soms, wanneer ‘n mens terugkyk, kan jy nie verstaan waarom daardie dinge vir jou so belangrik was nie. En jy besef: Jesus het werklik vir my alles gegee wat ek nodig het.

Moenie ontsteld word as dit wat jy voor hoop en wens nie gebeur nie. Soms gebeur dit later. Soms gebeur dit glad nie. En soms moet ons net kliek dat daar ander dinge is wat vir Jesus belangriker is. En Hy weet wat die beste vir ons is. Hy het goeie planne vir ons. Dit wat by God tel, is wat vir ons ware geluk sal bring.

Gebed: Jesus, ek het so baie drome en wense. Ek kom lê alles by U voete neer. Wys my wat U wense vir my is en help my om voluit te soek wat ook vir U belangrik is. Amen.

Uitdaging: Al manier hoe jy kan weet wat vir Jesus belangrik is, is deur Hom beter te leer ken. Maak dit jou missie hierdie week om die vraag te antwoord: Wat is vir Jesus belangrik?