What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Sink of seil jou Titanic?

1 Timoteus 1:19

19 Hou styf vas aan jou geloof, en hou jou gewete skoon. Want sommige mense het opsetlik hulle gewete eenkant gestoot en as gevolg daarvan skipbreuk gely

Jy het seker al gehoor van die Titanic? Dit was ʼn groot skip wat baie mense sou van Engeland tot Amerika en terug. Die ingenieurs wat daaraan gewerk het, het gesê dat die skip nóóít sal kan sink nie, tog het dit ʼn ysberg getref en ongelukkig het dit beteken dat baie mense daardie dag oorlede is.

Soms doen ons dieselfde tipe ding: Ons glo dan dat die dinge wat ons doen en die klein obstacles in ons pad nie ʼn effek gaan hê op die groter prentjie nie. Paulus waarsku vir Timoteus dat die klein dingetjies wel saak maak – en dat as ons ons gewete net wegstoot, ons geloof ‘skipbreuk’ kan ly.

Baie keer gaan dit nodig wees vir ons om styf vas te hou aan wat ons weet waar en reg is. As ons vas hou dan sal ons nie onsself flous om te dink dat alles okay sal wees as ons net die stem van ons gewete en die stem van die Heilige Gees kan ignoreer nie.

Sink of seil jou Titanic?

Gebed: Here, ek wil styf vas hou aan my geloof want ek het U baie lief. Mag ek asseblief elke dag U stem duidelik hoor in my lewe. Ek wil dit nie ignoreer nie.

Uitdaging: Maak ʼn lysie van die dinge wat jou aandag aflei van God elke nou en dan. Dit sal jou ook help om waaksaam te wees vir die dinge as dit weer voorkom. Dan sal jy koers betyds kan wissel en skipbreuk vermy.