What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Rein voor God

1 Tessalonisense 4:7: “God gee glad nie aan ons die reg om seksueel losbandig te leef nie. Inteendeel, ons hele lewe moet wys dat ons nou aan Hom behoort!”

Baie mense glo vandag dat dit reg is om voor die huwelik saam te slaap. Ons kan vir niemand voorskryf wat hulle mag of nie mag doen nie, maar die Bybel sê vir ons duidelik dat dit vir God onaanvaarbare gedrag is! 

As kind van die Here moet ons altyd sorg dat ons gehoorsaam is aan Sy Woord en dat ons onberispelik teenoor Hom en ons maat sal optree. Ons verhoudings moet daarvan getuig dat die Here deel van ons lewe is. Die Vader verwag van ons om saam slaap te bêre vir die huwelik, omdat ons daardeur een word en Hy bly die Een wat seggenskap oor ons lewens het.

Onthou: God se wette beskerm ons sodat dit sal goed gaan met ons.

Hy weet dat ‘n mens bitter seerkry as jy eers intiem saam met iemand gelewe het en daar gebeur iets wat die verhouding laat verbrokkel. As ‘n paartjie eers saam gebly en geslaap het en daar gebeur iets en die verhouding kom tot ‘n einde, bring dit baie hartseer en skuldgevoelens. Jy voel dan vuil en gebruik en dit voel asof jy iets verloor het. Daarom is dit so belangrik om God se wette te respekteer en te onderhou.

Uitdaging: Dink mooi of Jesus tevrede is met hoe jy jou liggaam oppas.

Gebed: Here, hou my getrou aan U Woord en aan U wette en help my om te onthou dat U net die beste vir my wil hê. Amen.